Nuus 11:00
BULLETIN 10 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ekonoom sê die ANC se ekonomiese plan kan deur korrupsie belemmer word
# Vier nuwe gevalle van bek- en klouseer in die Vrystaat aangemeld
# Adjunk-president Mashatile se besoek aan Suid-Soedan herbevestig verbintenis tot geloofwaardige 2026 verkiesings
# ‘n Ekonoom, Frederick Mitchell, sê Suid-Afrika ondervind aansienlike ekonomiese uitdagings wat sy bestendigheid en toekomstige voorspoed bedreig. Die ANC het hierdie week sy Ekonomiese Aksieplan onthul, wat die uitbreiding van elektrisiteits-infrastruktuur, die herstel van die chroom- en die mangaanbedryf, die aanvuur van plaaslike ekonomiese ontwikkeling en die uitbreiding van openbare indiensnemings- en vaardigheidsprogramme insluit. Mitchell sê weerbarstige regeringskwessies, korrupsie, beleids-wisseling en infrastruktuur-verwaarlosing kan die planne belemmer. Hy voeg by die trajek na ekonomiese hernuwing behels sterk regeringsgeleide pogings en noodsaaklike markgedrewe hervormings.
# Die regering sê hy neem kennis van die voortgesette operasies deur wetstoepassingsagentskappe en die gevolglike openbare belangstelling wat dit ontlok. Lede van die Nasionale Ingrypings-eenheid, die Spesiale Taakmag en Misdaadintelligensie het gister die huise deursoek van die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya en Cedrick Nkabinde, personeelhoof van minister Senzo Mchunu wat op spesiale verlof is. Woordvoerder William Baloyi sê die operasies val binne die normale bestek van die wetstoepassingsagentskappe se mandaat om sake te ondersoek en bates te verhaal:
# Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het vier nuwe gevalle van bek- en klouseer in Viljoenskroon en Edenville bevestig. Dit bring die getal bevestigde gevalle in die provinsie op 42 te staan. Tot nou toe is sewe distrikte oor vyf munisipaliteite identifiseer. Moliehi Moeng van die departement sê hulle gee voorkeur aan inentings op die betrokke plase en bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne ‘n omtrek van tien-kilometer:
# Adjunkpresident Paul Mashatile het ‘n suksesvolle tweedaagse werksbesoek aan Suid-Soedan afgesluit, wat die vordering met die Vredesooreenkoms van 2018 laat herleef. Mashatile het vergader met president Salva Kiir, adjunk-president Benjamin Boi Mel, en ander belanghebbendes wat hul verbintenis tot vrede en geloofwaardige verkiesing volgende jaar herbevestig het. Hy het ook besoek afgelê by adjunk-president Mama Rebecca Nyandeng de Mabior, wat Suid-Afrika aangemoedig het om verbind te bly aan Suid-Soedan se vredes- en ontwikkelingsproses.
# Sokker: Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê Wêreldbeker-kwalifisering is steeds in hulle hande in vanaand se deurslaggewende Groep C-kragmeting met Zimbabwe in Durban. Suid-Afrika was boaan die punteleer met 17 punte, maar het drie punte verbeur vir die gebruik van ‘n ontoelaatbare speler teen Lesotho in Maart. Die span is nou gelyk met Benin op 14 punte en agter op doelgemiddeld. Bafana se laaste kwalifiseringswedstryd is Dinsdag teen Rwanda. Williams sê hulle weet wat op die spel is:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-23-sent teen die dollar, 19-rand-93-sent teen die euro en 22-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 121-duisend-313-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-956-dollar-54-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-52-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….