Nuus 11:00
BULLETIN 24 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sê die Ad Hoc-komitee moet die implikasies van Dianne Kohler Barnard se getuienis oorweeg
# Supertifoon Ragasa tref Hongkong terwyl die dodetal in Taiwan styg
# Die GOOD-party waarsku teen identiteitspolitiek op Erfenisdag
# Die ANC Ad Hoc-komiteelid Mdumiseni Ntuli sê hulle sal die implikasies noukeurig oorweeg, nadat die KwaZulu-Natal Polisiekommissaris by die Madlanga Kommissie van Ondersoek na die DA-parlementslid Dianne Kohler Barnard verwys het. Ntuli het beklemtoon dat alle lede vrygespreek moet word indien hulle geïmpliseer word, en verwerp bewerings van manipulasie. Hy het beklemtoon dat enige besluite op grond van die korrekte prosedure geneem sal word, sodra alle bewyse volledig oorweeg is:
Die DA Parlementslid Ian Cameron het Kohler Bernard intussen verdedig na aandrang deur sommige LP’s dat sy uit die Ad Hoc-komitee moet tree. Cameron voer aan LP’s moet nie op onbewese bewerings veroordeel moet nie. Hy het die belangrikheid van regverdige ondersoek vir alle openbare amptenare beklemtoon:
# Supertifoon Ragasa, die wêreld se kragtigste tropiese sikloon vanjaar, het Hongkong vroeër vandag met orkaansterkte wind en stortreën getref, met 14 mense wat in Taiwan dood is as gevolg van die swaar reën. ‘n Meer in Taiwan se oostelike Hualien-distrik het oorstroom en ‘n muur van water oor ‘n dorp losgelaat, terwyl die eiland deurloop onder Ragasa se swaar reën. In Hongkong het groot golwe oor dele van die Asiatiese finansiële sentrum se oostelike en suidelike kuslyn gebreek met van die paaie langs residensiële eiendomme wat onder water is.
# Die DA doen ‘n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, om die afgradering van Taiwan se skakelkantoor in Pretoria om te keer. Die party sê Taiwan het uitvoere van sy halfgeleierskyfies na Suid-Afrika beperk, ‘n stap wat die vervaardigingsektor, veral die motor- en inligtingstegnologiebedrywe, kan vernietig. Die DA-lid, Ryan Smith, waarsku hierdie besluit bedreig duisende werkgeleenthede en ondermyn ekonomiese groei:
# Krieket: Ben Stokes is as Engeland se kaptein vir die As-toer aangewys in die groep wat Dinsdag aangekondig is vir vyf toetse teen Australië in November. Harry Brook is bevestig as Engeland se onderkaptein. Die snelbouler Mark Wood keer terug nadat die besering aan sy linkerknie genees het, terwyl die draaibouler Shoaib Bashir ook weer beskikbaar is na ‘n vingerbesering. Die naatbouler Matthew Potts en die veelsydige kolwer Will Jacks is albei ingesluit. Engeland het sedert 2010/11 nog nie weer die As in Australië gewen nie.
# Ten slotte, die GOOD-party het Suid-Afrikaners aangemoedig om op Erfenisdag te besin oor die opkoms van identiteitspolitiek en gewaarsku dat ekstremistiese sienings polities-winsgewend raak. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, het partye in die regering van nasionale eenheid, asook die opposisie gekritiseer oor veldtogte vir ras en etniese nasionalisme. Hy sê ongelykheid en onvervulde demokratiese beloftes lei tot griewepolitiek. Hy het Suid-Afrikaners aangemoedig om verdeeldheid te verwerp met ‘n herverbintenis tot eenheid:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….