Nuus 11:00
BULLETIN 13 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, Sanral, beplan om oor die volgende paar weke ‘n minimum van 70 tenders uit te reik.
# Krieket: Ondersteuners sal die naweek op drie SA20-wedstryde getrakteer word
# En, ‘n opname toon dat meer as 50% van verbruikers nie spaar vir skooltoe-kostes nie
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap beplan om oor die volgende paar weke ‘n minimum van 70 tenders uit te reik. Dertig-persent van die kontrakte is ontwerp vir kleiner konstruksiemaatskappye in swart besit. Die uitvoerende hoof van Sanral Reginald Demana het aangekondig die inisiatief sal uitloop op bykans 28-miljard-rand se tenders wat in die huidige boekjaar adverteer sal word. Demana sê die doel is dat die tenders teen Maart aktief moet bydra tot die landwye mark, wat groei en diversiteit in die konstruksiesektor sal aanwakker.
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement bou aktief tien nuwe skole en drie vervangingskole vir die 2024 akademiese jaar. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, het die vordering van nuwe junior hoërskole in Belhar in Kaapstad, Fisherhaven in Hermanus en Kwanokuthula in Plettenbergbaai deur die Snel-skool-bouprogram aangekondig. ‘n
Fondament is gelê vir ‘n nuwe laer- en hoërskool in Blueridge, Kaapstad, om die Wallacedene-gemeenskap te dien. Maynier sê bouwerk by die Laerskool Lwandle in Somerset-Wes is weer op dreef ná ontwrigtings:
# Die Wêreldbank se Globale Ekonomiese Vooruitsigte toon ‘n derde agtereenvolgende jaar van verlangsaming in globale groei, met 2,4-persent in 2024 teen die 2,6-persent van verlede jaar. Die verslag onderskryf die behoefte dat ontwikkelende lande ‘n aansienlike styging in beleggings moet bekom, jaarliks ongeveer 44-duisend-miljard-rand, om aan die klimaatsdoelwitte van 2030 te voldoen. Ondanks ʼn gesonde beleidspakket wys die verslag op uitdagings soos groei wat afneem, trae globale handel en stram finansiële toestande wat ontwikkelende lande benadeel.
# Krieket: Aanhangers word die naweek trakteer op drie wedstryde in die SA20. Vandag se dubbele aanbieding begin met die kragmeting tussen Joburg Super Kings en M-I Cape Town op die Wanderers, wat vanmiddag half-twee begin. Half-ses hoop die verdedigende kampioen, Sunrisers Eastern Cape, om sy veldtog aan die gang te kry teen Durban’s Super Giants in Gqeberha nadat sy eerste wedstryd teen Joburg uitgereën het. Môre kom Pretoria Capitals en Paarl Royals half-vier die middag in Centurion teen mekaar te staan.
# En om mee af te sluit, fokus ons weer op skole: Met die feestyd wat amper verby is, toon ‘n opname van 1Life dat meer as 50-persent van verbruikers nié spaar vir terug-skool-toe-uitgawes nie. Byna 90-persent van die deelnemers verwag om uitgawes te besnoei om aan dié finansiële eise te voldoen. Die meerderheid gebruik hul Januarie-salarisse om hierdie verpligtinge te dek. 1Life se raadgewer, Hayley Parry, het hierdie bevindings met eNCA bespreek en lig gewerp op die finansiële uitdagings waarmee talle verbruikers worstel gedurende die terug-skool-toe-tydperk:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….