Nuus 11:00
BULLETIN 12 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die hof verwerp Bester en Magudumana se aansoek om ’n Netflix-dokumentêr te keer
# BOSA sê immigrasiebeleid moet op die grens begin
# En die owerhede in Utah stel ‘n video vry van die vlugtende verdagte in die moord op Charlie Kirk
# Die Hooggeregshof in Pretoria het ‘n dringende aansoek van die veroordeelde verkragter en moordenaar Thabo Bester en sy gewese vriendin, Nandipha Magudumana, met koste van die hand gewys. Hulle wou keer dat die Netflix-dokumentêr Beauty and the Bester uitgesaai word. Hulle het aangevoer dit bevat lasterlike inligting en maak inbreuk op hul reg op ʼn regverdige verhoor. Regter Suet Potterill het beslis die aansoek is nie dringend nie en die aanname van onskuldig tot skuldig bewys, sal nie deur die dokumentêr beïnvloed word nie.
# Build One South Africa sê hy ondersteun die Gewysigde Immigrasiewetsontwerp, aangesien die integriteit en soewereiniteit van die land se grense respekteer moet word. Die Nasionale Vergadering het gister die wetsontwerp aanvaar, wat bepalings hersien oor die inhegtenisneming en aanhouding van vreemdelinge vir die doel van deportasie. BOSA se leier, Mmusi Maimane, sê as die regering nie daarin slaag om werk, huise en skole te voorsien nie, is dit hulle wat misluk en nie mede-Afrikane wat in Suid-Afrika woon nie:
# Die EFF het die besluit van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, verwelkom om die omstrede voorgestelde wysigings tot die Nasionale Kredietwet van 2005 terug te trek. Die wysigings het opvoedkundige instellings as verskaffers van krediet-inligting voorgestel. Dit sou beteken dat onbetaalde studiegelde by kreditburo’s aangemeld word. Die EFF sê die regering se herroeping is nie ‘n stap van welwillendheid van die ANC-en DA-beheerde regering nie, maar die regstreekse gevolg van volgehoue druk van lede van die gemeenskap, beroepslui en die jeug van Suid-Afrika.
Nuus uit die buiteland:
# Utah se Departement van Openbare Veiligheid het ʼn nuwe video vrygestel wat wys hoe die verdagte in die moord op Charlie Kirk oor die dak van ʼn gebou hardloop en in ʼn beboste gebied verdwyn. Die Amerikaanse konserwatiewe jeugleier is Woensdag doodgeskiet terwyl hy by die Utah Valley University gepraat het. Die departement se kommissaris, Beau Mason, sê ʼn swart T-hemp met ʼn Amerikaanse vlag op en Converse-skoene is onderskeidende kenmerke van die verdagte in die video:
# Sokker: Engeland se beheerliggaam het Chelsea aangekla van 74 beweerde oortredings met betalings aan agente oor ‘n tydperk van 13 jaar. Die Russiese oligarg Roman Abramovich was toe eienaar van die klub, en die aanklagte fokus hoofsaaklik op gebeure tussen 2009 en 2022, toe hy dit aan ‘n konsortium verkoop het. Die FA sê Chelsea se hoë samewerkingsvlak sal tot sy voordeel tel wanneer besluit word op sy straf, wat ‘n boete, ‘n oordrag-verbod of verbeurde punte kan behels. Die klub moet teen volgende Vrydag reageer.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-36-sent teen die dollar, 20-rand-39-sent teen die euro en 23-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 115-duisend-386-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-653-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-72-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….