Nuus 11:00
BULLETIN 1 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Business Leadership SA sê daar is ‘n dringende behoefte om die land se elektrisiteitsektor te hervorm
# Meer as 200 mense is dood na ‘n aardbewing van 6,0 in Afganistan
# En sokker: Bafana fokus op voorbereiding vir sy twee Wêreldbeker-kwalifiseerders
# Business Leadership South Africa sê die regering moet die oorgang na mededingende elektrisiteitsmarkte met gelisensieerde handelaars en onafhanklike opwekkers bespoedig. Dit volg ná Nersa se skikking van 54-miljard-rand met Eskom weens die reguleerder se foute in die berekening van tariewe. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê die fout ontbloot die belaglikheid van ‘n stelsel wat Eskom toelaat om koste van klante te verhaal sonder druk van mededingers. Sy sê die manier waarop Eskom se tariewe bereken word, is die grootste teken dat die elektrisiteitsektor dringend hervorm moet word.
# Die Forum for South Africa sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, is huigelagtig en onbetroubaar in die stryd teen misdaad en korrupsie. Cachalia het vroeër kommer uitgespreek oor die nasionale kommissaris, Fanie Masemola, se besluit om 121 dossiere oor politieke moorde aan KwaZulu-Natal se taakspan vir dié misdaad terug te besorg. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê Suid-Afrikaners verdien leiers wat korrupsie sonder vooroordeel sal pak:
# Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die provinsiale Onderwysdepartement se aankondiging dat die 35-duisend-934 onderwysposte wat vir 2025 toegeken is, in 2026 behou word. Dit volg ʼn jaar nadat die WKOD twee-duisend-407 onderwysposte vir vanjaar besnoei het weens ‘n begrotingstekort. Peter Johnson van die DA sê duisende leerders kom elke jaar na die provinsie, wat bykomende druk op die onderwysstelsel plaas:
Nuus uit die buiteland:
# Minstens 250 mense is in Afganistan dood en meer as 500 beseer toe ‘n aardbewing met ‘n omvang van 6,0 die oostelike deel van die land getref het. Die middelpunt was naby die land se vyfde grootste stad, Jalalabad. Die aardbewing is ook in verskeie stede in die naburige Pakistanse provinsies Khyber Pakhtunkhwa en Punjab gevoel. Die Taliban-regering sê die dodetal sal na verwagting toeneem namate reddingspogings voortduur. Afganistan is geneig tot dodelike aardbewings, veral in die Hindoe Kush-bergreeks waar die Indiese en Eurasiese tektoniese plate byeenkom.
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê die groep is vasbeslote om vir 2026 se Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer wanneer hulle Lesotho en Nigerië pak in volgende maand se eersteronde-kwalifiseerders. Hy sê daar is uitdagings soos spankeuses, beserings en klubgeskille, maar het vertroue uitgespreek in jonger spelers wat na vore tree. Broos waarsku hulle kan Lesotho nie onderskat terwyl hulle vir Nigerië voorberei nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-60 sent teen die dollar, 20-rand-63-sent teen die euro en 23-rand-81 sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-en-88 dollar. Die prys van goud is drie-duisend-484-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 67-dollar-42-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….