Nuus 11:00
BULLETIN 6 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cat Matlala gaan nie môre voor die Madlanga-kommissie getuig nie
# Venezuela se tussentydse president verdedig die reaksie op die dodelike aardbewings
# En sokker: Noorweë skok Brasilië en Engeland skakel die mede-gasheer Mexiko uit die Wêreldbekertoernooi
# Die vermeende misdaadbaas, Vusimuzi “Cat” Matlala, sal nie môre voor die Madlanga-kommissie getuig nie, ondanks ‘n dagvaarding vir sy verskyning. Hy word daarvan beskuldig dat hy ‘n misdaadsindikaat bedryf het wat verhoudings met senior polisiebeamptes en mense met politieke bande gekweek het om ondersoeke te beïnvloed, staatskontrakte te verseker en wetstoepassing te ondermyn. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, sê weens die verhoogde media- en openbare belangstelling in Matlala se getuienis, is sy verskyning uitgestel tot ‘n datum wat nog bepaal moet word.
# Eskom handhaaf steeds bykomende stelselvermoë, met vier-duisend-844-megawatt in koue reserwe weens oortollige vermoë, wat verdere versekering van stelselgeskiktheid bied. Woordvoerder Daphne Mokwena sê gemiddelde onbeplande onderbrekings het verlede week gedaal tot nege-duisend-850-megawatt, vergeleke met 14-duisend-981-megawatt ‘n jaar gelede. Sy sê dit verteenwoordig ‘n vermindering van vyf-duisend-131-megawatt, meer as die opwekkingsvermoë van ‘n groot kragstasie soos Kusile:
# Die Gautengse LUR vir Finansies, Nkululeko Dunga, sê ‘n aksieplan is ingestel om die kommerwekkende finansiële toestand van munisipaliteite te hanteer. Ses van die elf munisipaliteite het in die 2024/25-boekjaar ongekwalifiseerde ouditmenings met bevindings ontvang. In die boekjaar wat tans geëvalueer word, het Gautengse munisipaliteite altesaam 14,4-miljard-rand onregmatig bestee. Dunga sê die provinsiale regering sal by elke munisipaliteit strategieë versterk om ongemagtigde, onregmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes te verminder:
Nuus uit die buiteland:
# Venezuela se tussentydse president, Delcy Rodríguez, het weereens haar regering se reaksie op verlede maand se twee dodelike aardbewings verdedig. Sy beskuldig kritici dat hulle haat teen die regering aanhits. Talle Venezolane beskuldig die regering van chroniese wanbestuur en korrupsie, en ʼn ontoereikende reaksie op die ramp. Drie-duisend-342 mense is dood nadat twee aardbewings van 7,2 en 7,5 die land getref het. Sestien-duisend-470 mense is beseer en 17-duisend-345 dakloos gelaat. Rodríguez het beloof die land sal nie in maatskaplike oproer verval nie.
# Sokker: Noorweë het die vyfmalige kampioen, Brasilië, in New Jersey 2-1 verslaan en die eerste keer deurgedring na die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi. Erling Haaland het in die tweede helfte twee doele aangeteken en Neymar se laat doel vir Brasilië was nie genoeg vir Carlo Ancelotti se span nie. Engeland het die mede-gasheer, Mexiko, 3-2 uitgeskakel en speel nou teen Noorweë. Jude Bellingham het binne 98 sekondes twee doele aangeteken en kaptein Harry Kane het die oorwinning vir Engeland verseker met ‘n strafdoel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-25-sent teen die dollar, 18-rand-55-sent teen die euro en 21-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-888-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-149-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 71-dollar-83-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….