Nuus 11:00
BULLETIN 14 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party win ‘n regsmening in oor professor Cachalia se aanstelling as waarnemende minister van Polisie
# ActionSA gaan strafregtelike klagtes indien teen verskeie mediese fondse
# En die Amerikaanse president, Donald Trump, gaan koning Charles in September besoek
# Die MK-party win ‘n regsmening in oor president Cyril Ramaphosa se besluit om professor Firoz Cachalia as waarnemende minister van Polisie aan te stel. Dit volg nadat hy minister Senzo Mchunu op spesiale verlof geplaas het hangende die uitslag van ‘n kommissie van ondersoek na die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. MK se nasionale woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, het aan eNCA gesê die aanstelling van Cachalia, wat nie ‘n lid van die kabinet of die Parlement is nie, skend die Grondwet:
Build One South Africa sê ook president Cyril Ramaphosa moes eerder die Spesiale Ondersoekeenheid opdrag gegee het om Mkhwanazi se bewerings te ondersoek. BOSA se leier, Mmusi Maimane, sê dis kommerwekkend dat die president gekies het om geregtigheid met ʼn ondersoek te vertraag:
# ActionSA in Gauteng gaan vandag by die Lyttelton-polisiekantoor in Centurion strafregtelike klagtes teen verskeie mediese fondse indien. ʼn Artikel 59-ondersoek het bevind Discovery, die Staatsdiens se Mediese Fonds en Medscheme het onregverdig en in ʼn rassediskriminerende manier teenoor swart diensverskaffers opgetree. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, sê die ondersoek het ook bevind daar was ʼn groter moontlikheid van ondersoeke en strafmaatreëls teen swart praktisyns:
# Buckingham-paleis het bevestig dat koning Charles en koningin Camilla die Amerikaanse president, Donald Trump, en presidentsvrou Melania van 17 tot 19 September by Windsor-kasteel sal ontvang. Dit sal Trump se tweede besoek aan Brittanje wees, nadat wyle koningin Elizabeth in 2019 die gasvrou was. Volgens berigte sal dit onwaarskynlik wees dat Trump die Parlement sal toespreek aangesien die Laerhuis nie in sitting is nie. Die Britse ambassadeur in Amerika, Peter Mandelson, sê Trump behoort hartlik verwelkom te word tydens die besoek.
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus het Ierland en Leinster se vaskopstut, Tom Clarkson, as ekstra voorspeler opgeroep vir Saterdag se eerste toets teen Australië. Die 25-jarige speler se teenwoordigheid verhoog die Ierse deel van die toergroep tot 18. Clarkson se Ierse spanmaat, die veelsydige agterspeler Jamie Osborne, het reeds in Brisbane by die groep aangeslulit nadat hy van Portugal opgeroep is in die plek van Blair Kinghorn, wat sy knie beseer het. Engeland en Saracens se haker, Jamie George, is ook opgeroep.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-92-sent teen die dollar, 20-rand-90-sent teen die euro en 24-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 122-duisend-135-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-368-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-71-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….