Nuus 11:00
BULLETIN 28 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die IVP eis dat president Ramaphosa minister Nkabane afdank
# Eskom se kragnetwerk is steeds bestendig
# En Gholf: Aldrich Potgieter staan steeds ’n kans in Detroit
# DIE IVP sê president Cyril Ramaphosa moet die minister van Hoër Onderwys en Opleiding Nobuhle Nkabane verwyder om stabiliteit en openbare vertroue te herstel. Die party voer aan dat Nkabane se hantering van die raadsaanstellings van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid was nie deursigtig nie, en haar mislukking om parlementêre prosesse te respekteer is tekens van ‘n ernstige ineenstorting van bestuur. Sanele Zondo van die IVP kritiseer die minister dat sy verkeerdelik vir advokaat Terry Motau as hoof van die adviespaneel aangewys het.
# Eskom sê die kragnetwerk bly bestendig en veerkragtig ten spyte van verhoogde vraag as gevolg van die koue weer. Voldoende noodreserwes is beskikbaar en word strategies ontplooi gedurende spitstye. Eskom beplan om teen Maandagaand twee-duisend-450-megawatt beskikbaar te stel. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokoena, sê dieselverbruik sal afneem namate meer eenhede se langtermyn-herstelwerk voltooi word. Beurtkrag is onwaarskynlik tensy onbeplande onderbrekings 13-duisend megawatt oorskry:
# Vier kinders is dood in ‘n verwoestende brand wat in ‘n huis in die Villa Liza-township, Ekurhuleni, uitgebreek het. Noodbeamptes sê die kinders is onherkenbaar verkool. Owerhede het gereageer nadat hulle ‘n noodoproep ontvang het en op die brandende plakkershut afgekom het. Ondersoek word ingestel aangesien die oorsaak van die brand gisteraand onbekend is.
# Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het die vredesooreenkoms verwelkom wat tussen die ministers van Buitelandse Sake van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo, Olivier Nduhungirehe en Thérèse Kayikwamba Wagner, in Washington onderteken is. Rubio het die harde werk van beide lande, die Afrika-Unie en Katar geprys. Hy verwelkom voortgesette pogings en vergaderings om die protokol vir blywende vrede in die streek te finaliseer, na drie dekades van konflik:
# Gholf: Aldrich Potgieter van Suid-Afrika, wat die Detroit-gholfklub se baanrekord in die eerste rondte verbeter het, is twee houe agter die voorloper na die tweede rondte van die Rocket Classic. Die Amerikaner Philip Knowles loop saam met sy landgenote Chris Kirk en Andrew Putnam voor. Die baanrekord is gister weer verbeter, hierdie keer deur Jake Knapp, wat 66 in ‘n foutlose rondte met nege voëltjies en ‘n arend behaal het. Daarmee is die rekord van 62 wat Donderdag deur Potgieter en die Amerikaner Kevin Roy opgestel is, verbeter.
# En ten slotte: SANParke sal vanaf 1 Julie begin met ‘n geleidelike heropening van die Tokai- en Silwermyn-staproetes in die Tafelberg Nasionale Park. Dit volg na ‘n brand in April oor ‘n gebied van twee-duisend-800 hektaar. Silwermyn-hek 2 en die Boonste Tokai-hek sal heropen, maar nie die Vlak 4- en 5-staproetes nie. Silvermyn-hek 1, insluitend die dam en Riverwalk, bly gesluit tot later hierdie jaar. SANParke doen ‘n beroep op openbare samewerking vir veiligheid en herstel, en beplan ‘n Veilige Staptog-veldtog ter ondersteuning van die heropeningsproses.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….