Nuus 11:00
BULLETIN Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa en die Kanadese eerste minister, Mark Carney voer bilaterale gesprekke by die G7-beraad in Kanada
# Die organisasie Gift of the Givers verskerp soek- en reddingspogings na Oos-Kaapse oorstromings
# ‘n Bejaarde egpaar is doodgeskiet in die parkeerterrein van ‘n winkelsentrum in Rustenburg
# President Cyril Ramaphosa en die Kanadese eerste minister, Mark Carney, het bilaterale gesprekke gevoer aan die vooraand van die uitreiksessie van die G7-beraad wat vandag in Alberta begin. Ramaphosa word vergesel van die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Ronald Lamola en verteenwoordig die enigste Afrikaland wat genooi is. Kanada is tans gasheer vir die G7-presidentskap met Suid-Afrika wat voorberei om die G20-presidentskap later vanjaar oor te neem. Ramaphosa het die handel-, belegging- en tegnologiese samewerking tussen die lande geloof:
#Die hoof van die Gift of Givers se Soek- en Reddingseenheid, Ahmed Bham, sê soek- en reddingspogings gaan verskerp word na die ernstige oorstromings in die Oos-Kaap wat 88 lewens, insluitend diè van ‘n tien-jarige meisie van Libode, geëis het. Tot nou toe is 83 lyke uitgeken en 56 is aan hul familie oorhandig terwyl vyf nog nie uitgeken is nie. Hy sê ‘n miltidissiplinêre span wat die SAPD se lugvleuel en honde-eenheid insluit, fynkam gebiede om die Mthatha-dam en nabygeleë riviere:
#Die polisie in Rustenburg, Noordwes, soek na gewapende verdagtes wat oor die naweek ‘n bejaarde egpaar, George en Wilma Koster, in die parkeerterrein van ‘n winkelsentrum doodgeskiet het. Die polisie doen ‘n beroep op enige ooggetuies om inligting te verskaf. Hulle waarsku dat die verdagtes gewapen en gevaarlik is. Enige iemand met inligting oor die voorval word versoek om Crime Stop dadelik te bel.
# Die Amerikaanse president Donald Trump het opdrag gegee dat die aanhouding en deportasie van migrante voortgaan ten spyte van verset teen sy beleid. Trump sê hy het die administrasie opdrag gegee om elke moontlike hulpmiddel te gebruik. Hy het ook onderneem om mense wat die rus en vrede in Amerika bedreig nie in die land toe te laat nie. Grootskaalse verset het in Los Angeles, Chicago en New York losgebars weens klopjagte op ongedokumenteerde migrante. Trump staar regsaksie en kritiek in die gesig veral weens sy ontplooiing van soldate om betogings te onderdruk.
# Motorsport: George Russell het Sondag in die Kanadese Grand Prix Mercedes se eerste oorwinning van die seisoen behaal na ‘n botsing tussen die twee McLaren-bestuurders. Die Brit het die viermalige wêreldkampioen Max Verstappen van Red Bull geklop en daarmee sy vierde loopbaanoorwinning behaal. Sy tiener-spanmaat Kimi Antonelli was derde. Die kampioenskapvoorloper Oscar Piastri van McLaren was vierde en is nou 22 punte voor sy spanmaat Lando Norris wat in die 67ste van die 70 rondes in hom vasgery het.
# En ten slotte, Lewis Hamilton sê hy is geskok nadat hy gehoor het dat hy ‘n marmot in die Kanadese Grand Prix doodgery het. Die impak het die vloer van sy Ferrari aansienlik beskadig en sy wedrenprestasie geaffekteer. Hamilton se Franse bulhond genaamd Roscoe word gereeld saam met hom by wedrenne opgemerk Hy sê hy het nie die marmot gesien nie. Die sewe-malige kampioen het in die sesde plek klaargemaak en na die tyd gesê as diereliefhebber is hy verpletter en hartseer oor die voorval.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….