Nuus 11:00
BULLETIN 13 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Iran sê Israel en Amerika sal duur betaal vir die aanvalle op sy kerninstellings
# Solidariteit sê die regering moet swart bemagtiging skrap met die G20-kollig op Suid-Afrika
# En motorsport: Verstappen sal vir ‘n wedren geskors word as hy dié maand nog ‘n strafpunt bykry
# Iran se Weermag waarsku dat Israel en Amerika gaan betaal vir die aanvalle op sy kernaanlegte. Dit was deel van Israel se Operasie Rising Lion waarin die personeelhoof van Iran se Weermag, Mohammad Bagheri, en die leier van die paramilitêre Revolusionêre Wag, Hossein Salami, dood is. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê sy land was nie betrokke nie, maar Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê sulke aggressiewe optrede kon nie sonder koördinering en goedkeuring van Amerika plaasvind nie.
# Die vakbond Solidariteit het sy oproep hernu vir die regering om swart ekonomiese bemagtiging te skrap, terwyl Suid-Afrika voorberei om die G20-beraad in November aan te bied. Volgens die vakbond gaan die ekonomie steeds gebuk onder swart ekonomiese bemagtiging en verryk ‘n polities-verbonde elite, terwyl miljoene werkloos is. Theuns du Buisson van Solidariteit gee swart ekonomiese bemagtiging die skuld vir minder beleggings, toenemende ongelykheid en die ondermyning van ekonomiese groei:
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika sê een-duisend-971 elektrisiteitsopwekkings-aanlegte is suksesvol geregistreer sedert die bekendstelling van sy registrasieveldtog in 2018. Die gesamentlike vermoë hiervan is 12-duisend-737 megawatt. Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê 160 nuwe opwekkingsaanlegte is in die vierde kwartaal van die 2024/25-boekjaar geregistreer, wat twee-duisend-187 megawatt lewer en ‘n beleggingswaarde van 41,94-miljard-rand het:
# Die DA eis antwoorde nadat die derde oortreder wat verkeerdelik uit Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad vrygelaat is, weer aangekeer is. Dit het gebeur ondanks ʼn Hooggeregshof-bevel dat al drie gevonnisde oortreders in Pollsmoor se jeugsentrum aangehou moet word. Nicholas Gotsell van die DA sê hierdie geval ontbloot die groot mislukkings tussen Justisie en Korrektiewe Dienste:
# Motorsport: Red Bull se Formule Een-kampioen, Max Verstaan, moet waak teen nog strafpunte in die volgende twee Grand Prix-wedrenne in Kanada en Oostenryk. Hy is met 10-sekondes gestraf na die vorige wedren in Spanje nadat hy teen George Russell se Mercedes gebots het, wat gelei het tot nog drie strafpunte op sy F1-superlisensie. Dit het sy totaal tot 11 opgeskuif vir die 12-maande wat op 30 Junie verstryk. Nog een strafpunt sal lei tot ‘n outomatiese skorsing van een wedren.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-2-sent teen die dollar, 20-rand-82-sent teen die euro en 24-rand-41-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-473-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-412-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-87-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….