Nuus 11:00
BULLETIN 8 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vryheidsfront Plus sê fluitjieblasers moet beskerm word
# Donald Trump sê sy verhouding met Elon Musk is iets van die verlede
# En laastens, versorgers trek beerpakke aan om ‘n welpie groot te maak
# Die Vryheidsfront Plus sê in ‘n land soos Suid-Afrika, waar korrupsie hoogty vier, is dit van die uiterste belang om fluitjieblasers op elke moontlike manier te beskerm om hul lewens en toekoms te verseker. Philip van Staden van die VF Plus sê die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se konsepdokument oor voorgestelde hervormings vir fluitjieblaser-beskerming, is nog nie afgehandel nie:
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê sy departement het meer as 900-duisend dosisse entstof ter waarde van 70-miljoen-rand bestel om die bek-en-klouseer-uitbrekings in die land te bekamp. Hy sê diere sal ingeënt word in alle gebiede wat die departement geprioritiseer het. Steenhuisen sê Limpopo en Mpumalanga sal ook hul roetine-inentings uitvoer wat drie keer per jaar gedoen word. Van die entstof sal ook na Gauteng en KwaZulu-Natal gestuur word:
Die landbou-organisasie, TLU SA, sê intussen dit is die regering se verantwoordelikheid om die uitbreking van bek-en-klouseer in die land te bestuur en te beheer. Dit volg op nuwe uitbrekings in Newcastle en Bergville, KwaZulu-Natal. Die siekte het ook deur veilings na Mpumalanga en Gauteng versprei. Bennie van Zyl van TLU SA sê die kwarantyn van die diere wat siek is, sal die verkoop van beeste beïnvloed:
# President Donald Trump sê sy verhouding met Elon Musk is verby en hy het geen begeerte om die bande te herstel nie. Dit is volgens Trump se jongste kommentaar aan NBC News sedert sy epiese uitval met Musk. Die tegnologie-miljardêr, wat miljoene aan Trump se verkiesingsveldtog geskenk het en ‘n raadgewer in die Withuis geword het, het die president se belasting- en bestedingswetsontwerp in die openbaar gekritiseer. Die meerderheid Republikeine het sedertdien die president gesteun. Trump sê indien Musk Demokratiese kandidate gaan steun wat teen Republikeine staan sal hy “ernstige gevolge” in die gesig staar.
# Tennis: Daar was laas met die begin van die Rafael Nadal-era 20 jaar gelede by Roland-Garros soveel afwagting en opwinding oor ‘n mans-enkelspeleindstryd. Die wêreld se nommer een, Jannik Sinner, kom vandag te staan teen die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz. Die top-gekeurde Italianer Sinner het ‘n kragtoer gelewer sedert sy terugkeer verlede maand na ‘n dwelmverbod van drie maande. Hy het die eindstryd gehaal sonder om ‘n enkele stel in sy ses wedstryde in Parys af te staan. Alcaraz, wat hoop slegs die derde speler te word om sy Roland-Garros-titel in die eeu te behou, het die laaste vier kragmetings teen Sinner gewen.
# En ten slotte: Versorgers by die San Diego Humane Society dra handskoene, ‘n pelsjas en ‘n beermasker terwyl hulle ‘n wees-swartbeerwelpie grootmaak. Die welpie is in April deur kampeerders in die Los Padres Nasionale Woud in Kalifornië gevind en deur die vereniging ingeneem nadat sy ma nie gevind kon word nie. Dit is een van die jongste welpies waarvoor die organisasie nog ooit gesorg het. Die doel is om die welpie uiteindelik terug in die natuur vry te laat, en die beerkostuums verminder die risiko dat hy aan mense gewoond raak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….