Nuus 11:00
BULLETIN 7 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Accountability Now vra dat die Nasionale Vervolgingsgesag hervorm moet word
# Eskom voeg ekstra megawatt by vir die koue week wat voorlê
# En Donald Trump wil sy Tesla verkoop
# Paul Hoffman van Accountability Now sê die Nasionale Vervolgingsgesag het gebrekkige vaardighede in die vervolging van sekere sake. Dit sluit in die herwinning van staatsverliese in staatskapingsake; die skrapping van die rol van die 280-miljoen-rand se Estina Vrede-melkplaas-saak verlede jaar, asook die Gupta-broers se uitlewering. Hoffman het aan die SABC gesê hy kan die NGV se prestasie vergelyk met ‘n VW Kewer wat teen ‘n Formula 1-renmotor meeding, en daarmee sy gebrek aan kapasiteit beklemtoon met die hantering van ingewikkelde korrupsiesake:
# President Cyril Ramaphosa het regbankhoofde, insluitend hoofregter Mandisa Maya, en Hoofde van die Hof, by die presidentswoning, Mahlamba Ndlopfu in Pretoria ontmoet om pogings tot ‘n sterker regstelsel te ondersteun. Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, en die adjunkminister Andries Nel was ook by die vergadering wat gemik is op die verbetering van hofinfrastruktuur, onafhanklikheid en kapasiteit. Ramaphosa het samewerking tussen staatsdepartemente beklemtoon ten einde die Grondwet te handhaaf. Maya sê die vergadering se tydsberekening net voor die Konstitusionele Hof se 30ste herdenking is ideal en noem dit ‘n mylpaal in geregtelike samewerking.
# Eskom sê hy beplan om ‘n totaal van twee-duisend-550-megawatt se opwekkingsvermoë beskikbaar te stel voor Maandag se aand-spitstyd, om ‘n bestendige netwerk te verseker voor ‘n koue week. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër aangekondig dat erge en ekstreme winterweer Suid-Afrika hierdie naweek tot volgende week sal tref. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die nutsmaatskappy verwag ‘n toename in die aanvraag as gevolg van die ongunstige weerstoestande:
Die Stad Ekurhuleni se Ramp- en Noodbestuursdienste bly intussen op hoë gereedheidsgrondslag te midde van uiterse koue temperature. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n intense lae afsny-stelsel voorspel wat die weer na verwagting oor die naweek tot volgende week sal beïnvloed. Die woordvoerder van die nooddienste, William Ntladi, sê ‘n beduidende en drastiese daling in dagtemperature word verwag:
# President Donald Trump sê Elon Musk het “mal geword”, en volgens ABC News is hy nie van plan om met Musk te praat nie. ‘n Ingeligte bron het intussen aan Sky News gesê die president wil sy Tesla te verkoop, ‘n verdere teken dat daar geen oplossing vir die bekgeveg in sig is nie. Die rusie tussen twee van die magtigste mans in Amerika volg ‘n week nadat Musk sy posisie in die regering verlaat het. Musk het ‘n reeks boodskappe op X geplaas waarin hy die president se belangrikste belastingwetsontwerp kritiseer as ‘n “groot lelike bestedingswetsontwerp”.
# En tennis: Novak Djokovic het moontlik Roland Garros vaarwel toegeroep nadat die 38-jarige Vrydag met 6-4, 7-5, 7-6 in die halfeindronde deur Jannik Sinner verslaan is. Djokovic sê egter sy loopbaan is nog nie oor nie. Hy hou vol dat hy steeds die rekord wil verbeter met ‘n 25ste Grand Slam-titel. Djokovic het Wimbledon sewe keer gewen met 10 oorwinnings in Melbourne en drie Franse Ope-titels. Verlede somer het hy die enigste groot titel ingepalm wat hom nog ontglip het toe hy Olimpiese goud op die hoofbaan by Roland Garros gewen het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….