Nuus 11:00
BULLETIN 1 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# EFF Gauteng veroordeel moord op IVP LP Khethamabala Sithole
# Uittredende hoof van die Valke doen beroep vir meer geld om misdaad in Suid-Afrika te beveg
# En, motorsport: Oscar Piastri spring eerste weg in die Spaanse Grand Prix
# Die EFF in Gauteng het die moord op die adjunkhoofsweep van die IVP, Khethamabala “KP” Sithole, veroordeel en dit as ‘n sinnelose daad van geweld beskryf. Die party het sy meegevoel betuig met die Inkatha Vryheidsparty en Sithole se familie en sy jare lange openbare diens geloof. Die IVP se provinsiale sekretaris, Alco Ngobese, is ook geskiet en gewond in die aanval gisteraand in Katlehong, Gauteng. Die EFF het die polisie versoek om beslissend op te tree teen politieke moorde en geweld met vuurwapens, en het Ngobese ‘n spoedige herstel toegewens.
# Die uittredende hoof van die Valke, advokaat Godfrey Lebeya, doen ‘n beroep op die regering om finansiële hulp te verskaf vir die Direktoraat Prioriteitsmisdaadondersoek om 100-persent menslike hulpbronkapasiteit te bereik. Lebeya sê sedert hy in 2018 met sy ampstermyn begin het, het hulle meer as 19-duisend verdagtes vir verskeie oortredings in hegtenis geneem en die skuldigbevindings van meer as vyf-duisend oortreders verseker. Lebeya sê hulle het ook op goedere ter waarde van meer as 15-miljard-rand beslag gelê en een-duisend-118 bevriesings- en verbeurverklaringsbevele ter waarde van 3,2-miljard-rand verseker:
Willem Els van die Instituut vir Sekerheidstudies het ook Godfrey Lebeya, as ‘n merkwaardige persoon met integriteit beskryf. Lebeya het gister amptelik afgetree en sy opvolger aangespoor om voltallige personeel en moderne toerusting voor op te stel om die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke te versterk. Els het aan SABC News gesê Lebeya sal onthou word vir sy nalatenskap van dissipline en toewyding tot die bekamping van ernstige misdade:
# Minstens sewe mense is dood nadat ‘n hoofwegbrug op ‘n spoorlyn in Rusland naby die Oekraïense grens in Bryansk ineengestort het. Verskeie swaar vragmotors het op ‘n bewegende passasierstrein beland toe die brug laat gisteraand ineengestort het. Daar word berig dat 31 mense beseer is. Die Russiese Ministerie van Noodgevalle het gesê brand- en reddingseenhede probeer mense opspoor wat op die trein gereis het. In ‘n verklaring wat op Telegram geplaas is, beweer Moskou-spoorwegowerhede dat die brug ineengestort het as gevolg van onwettige inmenging in vervoerbedrywighede.
# Sokker: Mamelodi Sundowns pak Pyrmids FC om agtuur vanaand in Kaïro vir die beslissende tweede ronde van die CAF Kampioeneliga-eindstryd. Sundowns moet ná hulle gelykopuitslag van een-elk, minstens met 2-elk gelykop speel om die titel te kan verower. Die afrigter, Steve Komphela, sê die span het die vermoëns, maar hulle moet dié taai eindstryd met moed en respek benader:
# Motorsport: McLaren het albei posisies op die voorste ry beklink met Oscar Piastri eerste en Lando Norris tweede vir die Spaanse Grand Prix. Norris was 0,2-sekondes agter Piastri, maar het steeds vir Max Verstappen tot die derde posisie beperk. George Russell is vierde en Lewis Hamilton is vyfde. Piastri, wat drie punte voor Norris is in die wêreldkampioenskap, het ‘n uitstekende rondte gejaag om sy vierde voorste wegspringplek van die seisoen te behaal.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….