Nuus 11:00
BULLETIN 31 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Oud-president Mbeki bring hulde aan Gertrude Shope
# Die Steinhoff-bedrogverhoor word na die Hooggeregshof verskuif
# En, Tennis: Iga Swiatek dring deur na die ronde van 16 in die Franse Ope
# Die gewese president Thabo Mbeki het hulde gebring aan die ontslape vryheidsvegter, vakbondlid en voormalige parlementslid Gertrude Shope. Mbeki het haar blywende nalatenskap in Suid-Afrika se bevrydingstryd erken. Hy het gesê dit is noodsaaklik om haar nagedagtenis te eer deur oplossings te vind vir hedendaagse uitdagings en die nasie te lei na eenheid en gelykheid vir alle Suid-Afrikaners. Die 99-jarige word vandag ter ruste gelê tydens ‘n spesiale amptelike begrafnis:
# Die Steinhoff-bedrogsaak is weens die kompleksiteit daarvan na die Hooggeregshof verskuif. Die volgende verskyning is op 3 September. Die gewese Steinhoff-bestuurders, Stéhan Grobler, Hein Odendaal en Iwan Peter Schelbert, se borgtog is in die Pretoria se Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verleng. Die staat finaliseer sy ondersoek en wag op beëdigde verklarings van sleutelgetuies. Grobler ontken aanklagte van onder meer afpersing, bedrog en manipulasie van finansiële state, ten bedrae van 21-miljard-rand. Die skandaal wat in 2017 oopgevlek is, is een van Suid-Afrika se grootste korporatiewe bedrogsake.
# Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, sê Orion Minerals se Prieska koper-en sinkmyn sal ekonomiese ontwikkeling in die Noord-Kaap aansienlik bevorder. Mantashe het tydens ‘n besoek aan die terrein ‘n gedenkplaat onthul en die myn se vermoë beklemtoon om werk te skep en plaaslike besighede op te hef. Hy sê die projek is daarop gemik om binne 13 maande met produksie te begin, met ‘n jaarlikse teiken van 22-duisend ton koper en 65-duisend ton sink deur ‘n ontwikkelingsstrategie wat in fases sal plaasvind:
# Die DA doen ‘n beroep op die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om dringend op te tree nadat die Alkoholskade-navorsingsentrum in die Noord-Kaap gesluit is. Die party waarsku dat sonder die sentrum, sal pogings om alkoholverwante probleme aan te spreek, verswak, wat gemeenskappe in groter gevaar sal stel. Karen Jooste van die DA doen ‘n beroep op die regering om ondersteuning vir alkoholskade-voorkomings- en behandelingsdienste in die provinsie te prioritiseer:
#Tennis: Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek, bly op koers om ‘n vierde agtereenvolgende Franse Ope-titel te wen. Dié top-gekeurde van Pole het nou 24 oorwinnings in Parys behaal toe sy die Roemeen Jaqueline Cristian 6-2, 7-2 geklop het om vir die sewende jaar onder die laaste 16 te wees. Carlos Alcaraz in die manskompetisie gister ‘n skrikwekkende uitspeelwedstryd oorleef om sy plek in die laaste 16 te bespreek. Die tweede gekeurde Alcaraz het die 69ste gekeurde Bosniër Damir Dzumhur 6-1, 6-3, 4-6, 6-4 geklop. ‘n Verligte Alcaraz het agtergeloop in die vierde stel, maar het nogtans die oorwinning verseker.
# En ter afsluiting, die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, doen ‘n beroep op aspirant-bewaringsbewustes om in te skryf vir die nuut-geakkrediteerde Nasionale Diploma-program by die Suider-Afrikaanse Natuurlewe Kollege in Hoedspruit, Limpopo. George het gesê dit is ‘n baanbreker-kursus en gesê dit bemagtig die jeug om stropery te bestry en biodiversiteit te beskerm. Die kollege bied nou ‘n nasionaal erkende kwalifikasie aan, wat sy leierskap in wildlewebestuursopleiding versterk en in ooreenstemming is met pogings om volhoubare werkgeleenthede te skep terwyl Suid-Afrika se natuurlike erfenis bewaar word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….