Nuus 11:00
BULLETIN 23 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die besnoeiing van Amerikaanse navorsingsbefondsing dompel Suid-Afrikaanse universiteite in ‘n krisis
# Die ACDP is bekommerd oor ‘n vertraging in die Wysigingswet op die Ekonomiese Regulering van Vervoer
# En die Verenigde Nasies sê die internasionale raamwerk om burgerlikes te beskerm, stort in duie
# Die Amerikaanse regering het navorsingsfondse besnoei wat Suid-Afrikaanse universiteite in ‘n krisis gedompel het. Dit raak 44 programme ter waarde van 2,5-miljard-rand. Die Wits-gesondheidskonsortium sê hy het 1,8-miljard-rand van die Nasionale Tesourie nodig om alle Amerikaanse toelaes oor die volgende drie tot vier jaar te vervang. Die Universiteit van Kaapstad sê sonder ingryping sal hy binne die volgende 12 maande meer as 437-miljoen-rand se navorsingsfondse verloor. Die Noordwes-universiteit moet vyf projekte van 5,4-miljoen-rand staak. Die Departement van Hoër Onderwys sê die saak is na die Presidensie verwys.
# Die ACDP het kommer uitgespreek oor vertragings met die instel van die Wysigingswet op die Ekonomiese Regulering van Vervoer. Die wet het ten doel om ‘n enkele vervoerreguleerder te vestig wat pad, spoor, skeepsvaart en lugvaart behartig. Wayne Thring van die party het tydens die volle sitting van die Nasionale Vergadering gesê die wet, wat deur die Parlement aanvaar en deur president Cyril Ramaphosa onderteken is, word teruggehou weens ‘n verwysingsfout wat die verkeerde jaar aandui:
# Die DA in Tshwane het die immigrasie-wetstoepassingsoperasie verwelkom wat die Departement van Binnelandse Sake in Plastic View uitgevoer het. Verskeie inwoners is in hegtenis geneem. Cilliers Brink van die DA sê die nie-afdwinging van immigrasiewette oor baie jare het ‘n aansienlike las op plaaslike owerhede geplaas, veral wanneer ongedokumenteerde buitelandse burgers grond onwettig beset:
# Die Verenigde Nasies se Noodhulpverligtingskoördineerder, Tom Fletcher, waarsku dat die stelsels wat burgerlikes in gewapende konflikte beskerm, besig is om in duie te stort. Die VN het verlede jaar meer as 36-duisend burgerlike sterftes in 14 gewapende konflikte aangemeld. Altesaam 122-miljoen mense wêreldwyd is ontwortel. Fletcher sê die maatreëls wat burgerlikes moet beskerm, bestaan lank reeds en is getoets, en daar moet by internasionale wetgewing gehou word wat ter goeder trou aanvaar moet word:
# Krieket: Rajasthan Royals se superster-tienerkolwer, Vaibhav Suryavanshi, sal Indië op jeugvlak verteenwoordig nadat hy in die onder-19-groep ingesluit is vir ‘n multi-formaattoer na Engeland. Die 14-jarige het verlede maand die jongste kolwer geword om ‘n honderdtal in mans-T20’s aan te teken toe hy die mylpaal van slegs 35 balle bereik het met 11 sesse en sewe viere. Suryavanshi het reeds 252 lopies in sewe wedstryde vir Rajasthan aangeteken. Die toer na Engeland sluit vyf eendagwedstryde en twee meerdagwedstryde in.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-83-sent teen die dollar, 20-rand-27-sent teen die euro en 24-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 110-duisend-777-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-330-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-46-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….