Nuus 11:00
BULLETIN 22 Mei 11vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Donald Trump sê die G20-beraad sal betekenisloos wees sonder Amerika
# Twee personeellede van die Israelse ambassade word in Washington doodgeskiet
# En rugby: Die 20-minuut rooikaart-reël word goedgekeur om wêreldwyd getoets te word
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die G20-leiersberaad wat in November in Johannesburg plaasvind, sal betekenisloos wees as sy land nie deelneem nie. Hy het verlede maand gesê daar kan nie verwag word dat hy die beraad bywoon terwyl die Suid-Afrikaanse regering volgens hom grond in wit besit onteien en die nasate van wit setlaars vervolg nie. Trump het gister in die Withuis tydens sy gesprek met Ramaphosa gesê hy sal dit oorweeg om die geleentheid by te woon:
Ramaphosa sê intussen hy is optimisties dat Trump die beraad sal bywoon. Amerika sal dan die groep se presidentskap vir 2026 oorneem. Suid-Afrika se G20-presidentskap het hom daartoe verbind om solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid te bevorder. Ramaphosa het die media ingelig oor die gesprekke met die Trump-administrasie en die belangrikheid beklemtoon dat Amerika deel van die G20 is:
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur verwelkom pogings om die Openbare Werkeprogram te hervorm in ‘n meer uitvoerbare en volhoubare werkskeppingsprojek. Die regeringsprogram fokus op vaardigheidsontwikkeling en werkverskaffing. Die komitee sê die diensverskaffers wat opleiding gee, is volgens aanduidings die begunstigdes van die program. Hy sê baie werkers ontvang tussen 100-rand en 200-rand per dag, sonder toegang tot basiese beskerming soos die Werkloosheidsversekeringsfonds of mediese hulp.
# Twee lede van Israel se ambassade is gisteraand buite ʼn Joodse museum in Washington doodgeskiet. Die jong paartjie wat binnekort verloof sou raak, is vermoor toe hulle ʼn geleentheid by die Capital Jewish Museum verlaat het. Washington se polisiehoof, Pamela Smith, sê die verdagte is geïdentifiseer as die 30-jarige Elias Rodriguez. Sy sê terwyl hy in aanhouding was, het hy “Free, Free Palestine” gedreunsing:
# Rugby: Wêreldrugby se raad het die wêreldwye proeflopie van die 20-minute-rooikaart goedgekeur, ondanks weerstand van verskeie internasionale unies, insluitend Frankryk en Ierland. Die kaart is die afgelope seisoen in die noordelike halfrond getoets. Die reël laat toe dat ‘n speler wat vir ongeoorloofde spel gestraf is, ná 20 minute deur ‘n ander speler vervang kan word. Die speler wat afgestuur is, kan nie weer in die wedstryd speel nie. ‘n Besluit oor die permanente aanvaarding van die wet sal volgende jaar geneem word.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-95-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 24-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 110-duisend-651-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-324-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-48-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….