Nuus 11:00
BULLETIN 7 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC vergader met die Afrikaner-leierskapsnetwerk
# Die VF Plus verwelkom die hofuitspraak oor die ondertekening van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering
# En die kardinale sonder hulle af voor die begin van die kardinaalsvergadering om ‘n nuwe pous te kies
# Die ANC het bevestig dat hulle gisteraand met die Afrikaner-leierskapnetwerk vergader het om sake te bespreek wat van gemeenskaplike belang vir die land is. Die netwerk sluit in die organisasies Solidariteit, AfriForum, die Afrikanerbond, die Solidariteitsbeweging en die Suider-Afrikaanse Landbou-inisiatief, Saai. Die vergadering is deur die PAC bemiddel. Die ANC sê die besprekings was reguit en openhartig. Hy sê al die deelnemers het kwessies uitgelig waartoe hulle verbind is om oplossings te vind in belang van ‘n uiteenlopende en verenigde nasie.
# Die Vryheidsfront Plus het die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak verwelkom dat die ondertekening van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering hersien kan word. Die uitspraak volg op regstappe deur die Raad van Gesondheidsfinansierders en die Suid-Afrikaanse Privaat Praktisynsforum wat die logika van president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die wetsontwerp bevraagteken het ondanks groot teenkanting en grondwetlike kwessies wat geopper is. Philip van Staden van die VF Plus sê die NGV is ‘n onrealistiese droom:
# Die GOOD-party in Johannesburg doen ‘n beroep op burgemeester Dada Morero om werklike planne voor te lê oor hoe sy regering uitdagings soos verkwistende besteding, swak infrastruktuur en gebrekkige watervoorsiening gaan pak. Die burgemeester sal na verwagting vandag sy stadsrede lewer. Matthew Cook van GOOD sê die metro is op die rand van ineenstorting sonder ‘n einde in sig. Hy sê Johannesburgers het nie meer lugkastele nodig nie, maar ware leierskap:
# Kardinale het in die Vatikaanstad bymekaargekom en hulself afgesonder ter voorbereiding vir die verkiesing van ’n nuwe pous ná Franciskus se dood op 21 April. Die kardinaalsvergadering wat vandag in die Sistynse Kapel begin, behels 133 kardinale onder die ouderdom van 80. Kardinaal William Seng Chye Goh van Singapoer sê hulle sal afgesonder bly en streng geheimhoudings-protokol handhaaf totdat ’n opvolger met ’n twee-derde meerderheid verkies is:
# Sokker: Fifa het aangekondig dat Los Angeles FC en Club América in ‘n eenmalige uitspeelwedstryd sake gaan uitspook om te bepaal wie Club León sal vervang in die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika. Die klub het sy appèlsaak in die Arbitrasiehof vir Sport verloor. Fifa het in Maart beslis dat Club León en nog ‘n Mexikaanse klub, Pachuca, nie aan die reëls vir multi-klub-eienaarskap voldoen nie. Die wenner van die uitspeelwedstryd sal in Groep D meeding met Chelsea, Flemengo en Esperance Sportive de Tunis.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-24-sent teen die dollar, 20-rand-74-sent teen die euro en 24-rand-37-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-666-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-394-dollar-29-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 62-dollar-74-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….