Nuus 11:00
BULLETIN 6 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Business Leadership SA sê die enigste pad vorentoe is om staatsbesteding te verminder
# Die hoof van die Verenigde Nasies is bekommerd oor Israel se plan om sy militêre optrede in Gaza uit te brei
# En motorsport: Alpine oorweeg dit om Jack Doohan te laat gaan
# Business Leadership South Africa sê indien Suid-Afrika volhoubare openbare besteding wil bereik, sal hy moet groei om staatsinkomste uit te brei. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, gaan die nasionale begroting die 21ste die derde keer in die Parlement voorlê. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, het aan Newzroom Afrika gesê hoewel dit goed is dat die begroting bevraagteken word, moet die regering die politieke moed hê om ongewilde besluite te neem:
# Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, steun die skepping van ‘n onafhanklike teen-korrupsieliggaam. Die DA het die Een-en-twintigste Wysigingswetsontwerp op die Grondwet by die Parlement ingedien, wat gemik is op die daarstelling van ‘n teen-korrupsiekommissie as ‘n onafhanklike Hoofstuk 9-instelling. Die kommissie sal spesifiek fokus op die ondersoek en vervolging van korrupsiesake. Mothibi sê ‘n onafhanklike liggaam sal die teen-korrupsiebestel in die land hervorm en sy vermoëns versterk.
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê met die eerste herdenking van die instorting van ‘n gebou in George vandag word mense herinner dat tyd nie geregtigheid of aanspreeklikheid gebring het vir die slagoffers se naasbestaandes nie. Vier-en-dertig 34 mense is dood toe die vyfverdiepinggebou in aanbou ingetuimel het. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, lei vandag ‘n gedenkdiens in die stad. Chantelle Kyd van GOOD sê die letsels is steeds vars, ondersoeke word vertraag en verslae word weerhou:
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, is bekommerd oor Israel se plan om grondoperasies in Gaza uit te brei. Israel se veiligheidskabinet het ‘n plan goedgekeur om sy militêre optrede teen Hamas te verhewig, wat die inval van Gaza en die behoud van sy gebied insluit. Die kabinet het ook in beginsel ‘n plan goedgekeur om deur privaat maatskappye reddingshulp te lewer. ‘n VN-woordvoerder, Farhan Haq, sê dit sal onvermydelik tot die dood van talle burgerlikes lei:
# Motorsport: Alpine se Formule Een-span oorweeg skynbaar om Jack Doohan uit die komende Emilia-Romagna Grand Prix op Imola in Italië te laat. Die 22-jarige groentjie het nog nie vanjaar enige punte behaal nie. Die Australiër is gedwing om aan die Miami Grand Prix te onttrek ná ‘n botsing met Liam Lawson van Racing Bulls. Pierre Gasly het ál Alpine se sewe punte tot dusver vanjaar aangeteken. Die reserwebestuurder, Franco Colapinto, sal Doohan volgens berigte vervang. Hy het verlede jaar in nege wedrenne vir Williams gejaag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-26-sent teen die dollar, 20-rand-68-sent teen die euro en 24-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-478-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-368-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 61-dollar-46-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….