Nuus 11:00
BULLETIN 3 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Wes-Kaapse direkteur van Openbare Vervolging loof die aanklaer oor haar hantering van die Joslin Smith-saak
# Save The Children doen ‘n beroep vir gemeenskaplike kinderbeskerming na die Joslin Smith-uitspraak
# En, Korrektiewe Dienste sal begin om studiebeleid aan te pas na die hofbeslissing oor onderrig van gevangenes
# Die Direkteur van Openbare Vervolging in die Wes-Kaap, Nicolette Bell, het die aanklaer en haar span geloof vir die skuldigbevinding van Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes in die Joslin Smith-saak. Bell sê dit is ’n mylpaal-saak in mensehandelwetgewing. Smith, Jacquen Appollis en Steveno Van Rhyn is skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel ná die verdwyning van die ses-jarige Joslin Smith in 2024 in Saldanhabaai. Voor-vonnisverrigtinge begin volgende Vrydag. Bell sê, die soektog na Joslin moet voortgaan ten spyte van die belangrike regsoorwinning.
In verdere kommentaar het Save The Children het die skuldigbevinding in die Joslin Smith-saak verwelkom. Uitvoerende hoof Gugu Xaba sê dit is ‘n aanmaning dat kinderbeskerming ‘n gedeelde gemeenskapsverantwoordelikheid is en dat kollektiewe waaksaamheid van uiterste belang is:
# Die Departement van Korrektiewe Dienste gaan sy onderrigbeleid hersien nadat die Konstitusionele Hof beslis het dat die verbod op persoonlike rekenaars in gevangenisselle ongrondwetlik is. Die hof het bevind dat die beperking inbreuk maak op gevangenes se reg op voortgesette onderwys. Die departement het 12 maande om ’n nuwe beleid te implementeer wat persoonlike rekenaars, sonder internettoegang, toelaat vir gevangenes wat by goedgekeurde studieprogramme ingeskryf is. Woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê die departement ondersteun behoorlike onderrig vir gevangenes:
# ’n Peruaanse vlootskip het met ’n olieplatform in die Amasone-rivier gebots met minstens twee mense en een vermis. Die botsing in die vroeë oggendure van Vrydag by die samevloei van die Napo- en Amasone-riviere, het ernstige skade veroorsaak. Dit is nie duidelik of olie in die rivier uitgelek het nie. Daar is honderde gas- en olieblokke in Amasone-reënwoudgebiede in dele van Peru, Brasilië, Colombia en Ecuador. Oliestortings het ’n verwoestende uitwerking op die streek se inheemse gemeenskappe en wildlewe.
# En ten slotte motorsport: Kimi Antonelli van Mercedes het Vrydag eerste gekwalifiseer vir die Miami Grand Prix se snelwedren met die vinnigste ronde van een-minuut-26,482-sekondes. Oscar Piastri en Lando Norris van McLaren is tweede en derde. Die 18-jarige nuweling, wat eers in Januarie sy rybewys gekry het, het verlede maand F1-geskiedenis gemaak toe hy die jongste bestuurder geword het om in ‘n wedren voor te loop, en daarmee Max Verstappen se rekord van 2016 in Japan verbeter.
Die kampioenskapvoorloper, Piastri van McLaren, was vroeër die vinnigste in die eerste oefensessie vir Sondag se Grand Prix. Die Australiër se ronde van een-minuut-27,18-sekondes was 0,56-sekondes vinniger as Charles Leclerc van Ferrari, met Max Verstappen van Red Bull derde vinnigste. Die Britse jaer Oliver Bearman van Haas het getol en in die versperrings van draai 12 vasgejaag. Die daaropvolgende rooi vlag het ‘n einde gebring aan die enigste oefensessie van die naweek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….