Nuus 11:00
BULLETIN 27 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die UDM vra Suid-Afrikaners om hulself te verbind tot opbou van ‘n land wat drome van 1994 weerspieël
# Die staatsdiensvakbond vra vir beskerming van SA se vryheid en strewe na ekonomiese selfstandigheid
# En sokker: Liverpool kan vandag as die Premierliga-kampioene gekroon word
# Vryheidsdag: Die Verenigde Demokratiese Beweging doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulself weer te verbind aan die bou van ‘n Suid-Afrika wat regverdig, billik en vry is, en ‘n land wat die drome van 1994 weerspieël. Die waarnemende sekretaris-generaal van die UDM, Zandile Phiri, sê werklike vryheid moet gemeet word aan die waardigheid en welstand van alle mense. Sy sê dit beteken ‘n funksionele staat wat sy beloftes nakom, wat die kwesbares beskerm, en wat amptenare aanspreeklik hou wanneer hulle misluk:
En, die Vereniging van Staatsamptenare vra die regering om vordering wat die grondslag van die land se demokrasie is, te beskerm. Suid-Afrika vier vandag Vryheidsdag om die eerste demokratiese verkiesing op 27 April 1994 te gedenk. Claude Naiker van die vakbond sê ware vryheid, buiten politieke regte, moet seker maak alle Suid-Afrikaners het toegang tot ekonomiese geleenthede, gehaltedienste en ‘n waardige lewensbestaan:
# Die ANC sê hy neem kennis van die Polisieminister, Senzo Mchunu, se openbare verskoning en regstelling betreffende die Bergview College-saak in Matatiele in die Oos-Kaap. Die minister het die skoolhoof, Jaco Pieters, verskoning gevra omdat hy hom as moontlike verdagte betrek het by die saak van ʼn minderjarige kind se verkragting wat nasionale nuus gehaal het. Die ANC sê hy vra steeds geregtigheid vir die slagoffer, dringende en etiese wetstoepassing en ʼn verenigde stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord.
# Gemengde Gevegskuns: Cameron Saaiman, Dricus du Plessis se spanmaat, het gisteraand in ‘n UFC toernooi in Kansas City ‘n verpletterende nederlaag in net twee minute van sy geveg teen die nuweling, Malcolm Wellmaker, beleef. Saaiman het op teleurstellende wyse, voorheen twee gevegte agtereenvolgens verloor, wat sy loopbaan niks goed gedoen het nie. Hy het gehoop om weer op die wenpad te kom teen Wellmaker, maar ‘n vernietigende regter haakhou het Saaiman katswink na die mat gestuur en sy toekomsplanne ‘n slegte knou gegee.
# En sokker: Liverpool-bestuurder Arne Slot sê sy span weet watter groot verantwoordelikheid hulle het om die klub se 20ste top-titel te behaal. Met vier wedstryde wat oorbly, moet die Reds vandag op Anfield net een punt teen Tottenham Hotspur kry om as die Premierliga-kampioene van die 2024/2025-seisoen gekroon te word. Liverpool het dié prestasie laas in die 2019-2020-seisoen onder die voormalige bestuurder, Jurgen Klopp, behaal. Slot sê hulle gaan nie voor die tyd feesvier nie, want hulle het nog werk om te doen:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….