Nuus 11:00
BULLETIN 26 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Macpherson verwelkom ’n hofbeslissing oor die opskorting van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust se raadslede
# Die VF Plus is bekommerd oor die wanbestuur van fondse en dienslewering in Tshwane
# En motorsport: Alex Marques stel ’n baanrekord op in die Spaanse MotoGP se finale oefenronde terwyl talle ryers val
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, verwelkom die Hooggeregshof in Pretoria se besluit om ‘n interdik-aansoek deur die Black Forum SA and Izwi Labantu Forum te verwerp. Die aansoek eis dat die aanstellings van vyf trustees op die Onafhanklike Ontwikkelingstrust se raad opgeskort word. Die minister sê die beslissing toon sonder twyfel dat hy in die beste belang van etiese regering by die ontwikkelingstrust opgetree het deur die aansoek teen te staan:
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het kommer uitgespreek oor die volgehoue gebrek aan verandering in Suid-Afrika se eiendomsagentskap-sektor. Sy het teenoor SABC News die regering se verbintenis beklemtoon om eerstekeer-huiskopers te ondersteun wat nie kwalifiseer vir ten volle gesubsidieerde GOP-huise en ook nie aan die kriteria vir tradisionele huislenings voldoen nie. Simelane vra planne om gelyke toegang tot behuising te bevorder:
# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane sê die toenemende gebrek aan fiskale dissipline, die ineenstorting van noodsaaklike dienslewering en verswakking van administratiewe vermoë in die metro mag nie toegelaat word nie. ʼn Woordvoerder van die party, Nick Pascoe, sê die metro se verval word weerspieël in verslae wat hierdie week aan die raad voorgelê is. Hy sê skuldinvordering neem af weens ʼn toenemende kultuur van niebetaling, terwyl herstelwerk aan infrastruktuur en dienslewering slegs op papier bestaan:
# Die FBI het ʼn regter in die Milwaukee-distrik, Hannah Dugan, gearresteer en aangekla van regsverydeling nadat sy na bewering ʼn onwettige immigrant gehelp het om inhegtenisneming te ontduik. FBI-direkteur Kash Patel sê hulle glo regter Dugan het federale agente doelbewus mislei om te keer dat die Mexikaan, Eduardo Flores-Ruiz, in haar hof gearresteer word. Dugan se prokureur het Vrydag aan die hof gesê sy betreur en maak beswaar teen haar inhegtenisneming, en voeg by dis nie in die belang van openbare veiligheid nie.
# Motorsport: Die plaaslike renjaer Alex Márquez het ’n baanrekord opgestel tydens finale oefening vir die Spaanse MotoGP, waartydens talle ryers die baan byster geraak het. Francesco Bagnaia van Italië was tweede vinnigste, gevolg deur sy landgenoot Franco Morbidelli. Die kampioenskapsleier Marc Márquez was vierde vinnigste en die Fransman Fabio Quartararo vyfde. Die oefening is onderbreek toe Alex Márquez teen hoë spoed gegly en geval het. Sy fiets het oor die gruisput gegly en deur ’n heining geskiet. Die baanbeamptes het rooi vlae gewaai terwyl die versperring herstel is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….