Nuus 11:00
BULLETIN 6 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ondersoek onthul gebrekkige strukturele ingenieurswese in die gebou wat in George ineenstort het
# Rugby: ‘n Terugslag vir die Stormers ná Neethling Fouche se 4-wedstryd skorsing oor ‘n rooi kaart teen Ulster
# En: Helen Zille maak geskiedenis as die eerste politikus wat in ‘n Showmax-komedie onder skoot kom
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het onthul die vyfverdieping-gebou wat in Mei 2024 in George ineengestort het, is slegs goedgekeur as ‘n enkelverdiepingstruktuur. Die Parlement se Portefeuljekomitee vir Menslike Nedersettings het gehoor die ontwikkelaar het versuim om planne vir ‘n gebou van meer as een verdieping in te dien, wat regulatoriese foute veroorsaak het. Die Nasionale Huisbouers- Registrasieraad het versuim om te verseker dat alle dokumentasie voltooi is voor die konstruksie begin het:
Intussen het die Nasionale Huisbouers- Registrasieraad met dissiplinêre optrede begin teen sy geskorste uitvoerende hoof, Songezo Booi, oor die ineenstorting van die gebou. Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Menslike Nedersettings moes hoor Booi het versuim om stiptelik op te tree om amptenare te skors wat tydens die ondersoek betrek is. Drie raadsamptenare staar ook dissiplinêre stappe in die gesig, met twee wat moontlik strafregtelik aangekla kan word. Die ineenstorting word toegeskryf aan regulatoriese foute, insluitend onvolledige dokumentasie en onvoldoende toesig tydens die konstruksieproses.
# Die kunstenaar wie se amptelike portret van Donald Trump in die openbaar deur die president gekritiseer is, sê haar onderneming verkeer nou in gevaar om te weer te herstel nie. Die Republikeinse leier het aan die einde van verlede maand opslae gemaak toe hy gesê het die portret, wat in Colorado se Kongresgebou hang, is doelbewus verwronge. Sarah Boardman se versameling van amptelike portrette sluit ook een van oudpresident George W Bush in, maar Trump het gesê sy moes haar talent verloor het namate sy ouer geword het. Sy het aan Sky News gesê sy voel Trump bevraagteken haar bedoelings, integriteit en vermoëns.
# Rugby: Die Stormers-stut Neethling Fouche is vir vier wedstryde geskors ná ‘n rooi kaart tydens ‘n Verenigde Rugbykampioenskapwedstryd in Ulster verlede naweek, wat die Stormers met 38-34 verloor het. Die Italiaanse skeidsregter, Andrea Piardi, het Fouche afgestuur oor ‘n gevaarlike kopstamp toe hy probeer het om Ben Carson plat te trek. ‘n VRK-tugkomitee het beslis die voorval regverdig ‘n rooikaart. Die skorsing is verminder tot vier wedstryde danksy Fouche se goeie rekord, sy berou en sy voorbeeldige optrede voor en tydens die verhoor. Hy gaan nou die Stormers se VRK-tuiswedstryde teen Connacht, Benneton, Dragons en Cardiff misloop.
# En laastens: Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, is die eerste politikus wat die onderwerp van ‘n Showmax- en Laugh Africa Roast-program is. Die kreatiewe regisseur, Stuart Taylor, het kommentaar gelewer oor haar belangrike politieke statuur en reguit uitsprake. Zille verwelkom die spottery en sê mense spot haar agter haar rug, so hulle kan dit net sowel voor haar doen. Sy het aan eNCA gesê sy is reg vir die komende geleentheid:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….