Nuus 11:00
BULLETIN 2 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF versoek die speaker van die Nasionale Vergadering om die fiskale raamwerkverslag te onttrek
# Die Mediese Vereniging lê ‘n alternatiewe gesondheidsorgraamwerk aan die Presidensie voor
# En Israel gaan sy militêre bedrywighede in Gaza uitbrei
# Die EFF het die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, gevra vir die onttrekking van die verslag oor die fiskale raamwerk en voorstelle oor belasting omdat die prosedure onwettig is. Die verslag wat deur die Finansiële komitee aanvaar is, sluit ‘n BTW-verhoging van 0.5-persentasiepunte in. Dit sluit ook ʼn aanbeveling van ActionSA in dat die Tesourie 30 dae kry om alternatiewe te vind om die BTW-verhoging te vervang. Die EFF se woordvoerder, Sinawo Thambo, sê die verslag is aanvaar sonder om die parlementêre prosedure in ag te neem:
COPE vra intussen die Parlement om ʼn begroting te aanvaar wat gegrond is op gelykheid, nie besuiniging nie. Die aanvaarding van die fiskale raamwerk wat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, ingedien het, baan die weg dat die begroting vandag in die Nasionale Vergadering aanvaar kan word. COPE se woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê hulle is sterk gekant teen ʼn BTW-verhoging wat armes en kwesbares buite verhouding sal benadeel en ongelykheid vererger:
# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het ‘n alternatiewe gesondheidsorg-raamwerk aan die Presidensie voorgelê. Die plan beoog om regverdigheid, doeltreffendheid, en volhoubaarheid in the openbare en die privaat sektor te verbeter. Die plan stel gedesentraliseerde gesondheidsorg-bestuur, die skeiding van befondsing en aankope voor, asook die uitbreiding van mediese skemas om die finansiële las te verminder. Die ondervoorsitter van die vereniging, Ames Dhai, glo hierdie benadering bied ‘n meer praktiese wyse om algemene gesondheidsorg in te stel sonder die risiko’s van die Nasionale Gesondheidsversekering:
# Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, het aangekondig die land gaan sy militêre optrede in Gaza verskerp. Hy sê hulle gaan groot dele van die grondgebied inneem en by Israel se veiligheidsones insluit. Hulle sal ook Gaza se inwoners uit gevegsones ontruim. Israel het verlede maand lugaanvalle op Gaza hervat na twee maande van redelike kalmte. Katz doen ʼn beroep op Palestyne om Hamas uit te skakel en Israelse gyselaars te laat terugkeer. Hy sê dis die enigste manier om die oorlog te beëindig.
# Krieket: Die voormalige Nieu-Seelandse toetskaptein, Kane Williamson, is ten gunste van aangewese gleuwe in die internasionale spel en glo dit kan bydra tot ‘n meer gelyke Wêreldtoetskampioenskap. Die Internasionale Krieketraad sal later die maand die voorgestelde veranderings aan die formaat oorweeg nadat kritiek ontvang is oor ongebalanseerde skedules en ‘n verwarrende puntestelsel. Williamson sê die huidige siklus, waarin Australië, Engeland en Indië baie meer wedstryde speel as ander lande, is nie ideaal nie. Suid-Afrika speel teen Australië in die eindstryd van die huidige siklus.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-85-sent teen die dollar, 20-rand-3-sent teen die euro en 23-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 84-duisend-75-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-115-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….