Nuus 11:00
BULLETIN 23 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Amerika kanselleer miljarde-rande se MIV- en TB-navorsingstoelae vir Suid-Afrikaanse universiteite
# Die MK-party veroordeel die RNE oor Zuma se beweerde uitskuif by die Namibië se presidensiële inhuldiging
# En krieket: Twee IPL-wedstryde wag vandag op ondersteuners
# Suid-Afrikaanse universiteite staan voor ‘n befondsingskrisis met Amerika wat miljarde-rande se MIV- en TB-navorsingstoelaes gekanselleer het weens ‘n lae opbrengs op die belegging. Meer as 300 toelaes sal na verwagting beëindig word, wat instellings sal raak soos Wits se Gesondheidskonsortium, wat ‘n toelae van 45-miljoen-rand verloor het. Kenners waarsku dit kan mediese navorsing tot stilstand dwing omdat 70-persent van Suid-Afrika se befondsing uit Amerika kom. Kenners maan die kansellering kan lei tot groot werksverliese en kan lewensreddende kliniese proefnemings ontwrig.
# Die MK-party het die regering van nasionale eenheid veroordeel omdat die voormalige president Jacob Zuma na bewering opsygeskuif is by Namibië se presidensiële inhuldiging. Die amptelike sosiale mediablad van die regering het erkenning gegee aan ander voormalige staatshoofde, maar Zuma uitgelaat, hoewel hy dit bygewoon het. MK noem dit politieke uitlokking en ‘n poging om die openbare persepsie se manipuleer. Hulle hou vol Zuma bly ‘n belangrike figuur in Suid-Afrika se geskiedenis en sal nie uitgewis word nie.
# Die Gautengse Gemeenskapspolisiëringraad het die wrede moord veroordeel op vier gemeenskapspatolleerders in Soshanguve se Marry Me-informele nedersetting. Die polisie sê die slagoffers is deels verbrand aangetref na ‘n stryery met ‘n groep mans. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die soektog deur voort. Die voorsitter van die raad Thokozani Jacob Masilela doen ‘n beroep op patrolleerders om die regte prosedure te volg om geregistreer te word:
# ‘n Israelse lugaanval in Khan Younis in die suide van Gaza het vandag gelei tot die dood van Hamas se politieke leier Salah al-Bardaweel. Inwoners sê Israel se militêre veldtog, wat Dinsdag begin het, het vererger. Volgens Pro-Hamas media is Bardaweel, wat ‘n lid is van die groep se politieke kantoor, en sy vrou is in die aanval dood. Israelse amptenare het nie dadelik kommentaar gelewer nie. Na twee maande se relatiewe kalmte vlug die mense van Gaza weer vir hulle lewens nadat Israel klaarblyklik ‘n skietstilstand laat vaar het.
# En krieket: Twee Indiese Premierligawedstryde wag vandag op ondersteuners. Sunrisers Hyderabad verwelkom Rajasthan Royals om 12-uur Suid-Afrikaanse tyd. Om vier-uur kom Chennai Super Kings te staan teen Mumbai Indians. Die Protea-paaltjiewagter Heinrich Klaasen en die veelsydige Wiaan Mulder speel vir Hyderabad, terwyl die Engelse bouler Jofra Archer in Rajasthan se span is. Chennai spog met die 43-jarige Indiese paaltjiewagter MS Dhoni, asook die opwindende jong Nieu-Seelandse kolwer Rachin Ravindra. Die Suid-Afrikaners Ryan Rickelton, Lizaad Williams en Corbin Bosch speel vir Mumbai.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….