Nuus 11:00
BULLETIN 15 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika bly toegewy aan die bou van ‘n wederkerige voordelige verhouding met die VSA na die uitsetting van ambassadeur Rasool
# Minister Motshekga sê Denel sal steeds sy belegging verhoog in verdedigingsinfrastruktuur
# En fietsry: Die uitmergelende Cape Epic begin die naweek
# Die Presidensie het kennis geneem van die betreurenswaardige uitsetting van Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool. Die administrasie van president Donald Trump het Rasool tot persona non grata verklaar. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio het op sosiale media verklaar dat Rasool ‘n ras-uitlokkende politikus is wat Amerika en president Trump haat. Suid-Afrika se presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê die regering beplan skakeling deur diplomatieke kanale:
# Die minister van Verdediging en Militêre Veterane Angie Motshekga sê Denel sal steeds bydra tot die plaaslike ekonomie deur vermeerderde belegging in verdediginginfrastruktuur, tegnologie en vaardigheidsontwikkeling. Die woordvoerder van die Ministerie, Onicca Kwakwa, sê Motshekga het ‘n ontmoeting gehad met Denel se direkteure en hoofbestuur om die strategiese migrasie van die staatsbeheerde lugvaart- en verdedigingsvervaardiger se bedrywighede na die Departement van Verdediging te bespreek:
# Operasie Honger het die 0,5-persent BTW-verhoging verwerp. Die organisasie se hoof-uitvoerende beampte, Sandy Bukula, waarsku dat die verhoging die armes onregverdig benadeel deur basiese produkte duurder te maak. Bukula het aan Newzroom Afrika gesê die organisasie bly bekommerd oor die finansiële las op kwesbare gemeenskappe. Sy het ‘n versoek op die regering en beleidmakers gedoen om die besluit te heroorweeg:
# Die voormalige Russiese president Dmitry Medvedev sê Oekraiënse troepe in Kursk sal genadeloos uitgewis word as hulle aanhou veg. President Vladimir Putin het vroeër gereageer op die Amerikaanse president Donald Trump se versoek dat die lewens van Oekraiënse soldate in die streek gespaar moet word deur te sê Rusland sal hulle veiligheid waarborg as hulle oorgee. Medvedev sê op sosiale media dit is ‘n humanitêre gebaar, maar as Oekraiëne “weier om hulle wapens neer te lê, kan hulle gee genade verwag nie.”
# En fietsry: Keegan Swenson van Amerika word beskou as die waarskynlike wenner van die uitmergelende Cape Epic bergfietswedren wat môre in die Kaapse Wynland begin. Keegan het vantevore die kompetisie voltooi, maar dit was ‘n paar jaar gelede, en vanjaar is sy spanmaat Matt Beers, wat ook al die wedren in die verlede gewen het. Die ryers neem deel in spanne van twee. In vanjaar se Cape Epic sal 600 spanne die 603 kilometers oor agt dae aandurf.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….