Nuus 11:00
BULLETIN 8 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse Energie-instituut sê Eskom se somervooruitsig is nie relevant nie
# Die oorsake van Gene Hackman en sy vrou se dood is onthul
# En tennis: Die topgekeurde Zverev is deur Griekspoor by Indian Wells uitgeskakel
# ‘n Energiekenner aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Energie-ontwikkelingsinstituut, Sampson Mamphweli, sê Eskom se somervooruitsit is irrelevant. Die land beleef fase 3-beurkrag tot Maandag. ‘n Onverwagte Koeberg eenheid 2-afsluiting en steenkoolvoorraadkwessies by Kusile het die krisis vererger. Eskom hoop om ses-duisend-200-megawatt teen Maandag terug te wen terwyl noodreserwes oor die naweek aangevul word. Mamphweli sê die risiko vir beurtkrag sal hoër wees:
# Die Appèlhof in Bloemfontein in die Vrystaat het uitspraak voorbehou in die staat se appèl in die Nulane-saak. Die staat appelleer teen ‘n Hooggeregshof-uitspraak wat die agt beskuldigdes vrygespreek het, onder wie regeringsamptenare en Gupta-verbonde vennote, van bedrog, geldwassery en finansiële wanoptrede. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie Henry Mamothame sê die saak handel oor ‘n 25-miljoen-randkontrak wat aan Nulane Investments toegestaan is vir ‘n lewensvatbaarheidstudie vir die provinsiale Departement van Landbou:
Intussen sê die organisasie Open Secrets die Nasionale Vervolgingsgesag het die Nulane-bedrog en -korrupsiesaak swak hanteer. ichael Marchant van Open Secrets het aan Newzroom Afrika gesê dit is ‘n voor die hand liggende saak:
# Gene Hackman se vrou is dood aan ‘n skaars aansteeklike siekte, omtrent ‘n week voor die akteur gesterf het aan ‘n hartaanval. Die egpaar is op 26 Februarie dood aangetref in hulle huis in Nieu-Mexico, saam met een van hulle honde. Nadoodse ondersoeke het getoon Betsy Arakawa is dood aan hantavirus pulmonêre sindroom. Op ‘n nuuskonferensie gister het die mediese ondersoeker gesê Hackman het gevorderde Alzheimers gehad en dit is baie moontlik dat hy nie bewus was dat sy vrou dood is nie. Die akteur het negatief getoets vir die hantavirus, wat versprei word deur besmette knaagdiermis.
# En tennis: Die Nederlander Tallon Griekspoor het die topgekeurde Alexander Zverev gister met 4-6, 7-6, 7-6 in die tweede ronde van Indian Wells oorweldig. Die wêreld nommer twee, wat die pas moes aangee by die vooraanstaande ATP-meesterstoernooi, is die eerste Indian Wells mans topgekeurde wat sy aanvangswedstryd verloor sedert Andy Murray in 2017. Die nederlaag sit Zverev se swak vertoning voort nadat hy in die eindstryd van die Australiese Ope teen Jannik Sinner verloor het. Van toe af is die Duitser vroeg uitgeskakel by Buenos Aires, Rio de Janeiro en Acapulco.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….