Nuus 11:00
BULLETIN 6 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Transnet lê ‘n hersiene verhogingsaanbod aan sy twee grootste vakbonde voor
# AfriForum vra wysigings aan die Wetsontwerp op Tradisionele en Khoi-San-leiers
# En die Verenigde Nasies vind menseregtevergrype in die Sentraal-Afrikaanse Republiek
# Transnet het ‘n hersiene salarisverhogings-aanbod van 14,5-persent oor drie jaar voorgelê aan sy twee grootste vakbonde, UNTU en SATAWU. Dit behels dat werkers in die eerste jaar ‘n verhoging van 4,5-persent kry en vyf-persent in jaar twee en drie. UNTU wil egter ‘n verhoging van 12-persent vir een jaar hê en SATAWU dring aan op 17,5-persent oor drie jaar. Transnet sê hy meen die nuwe aanbod is redelik en regverdig, gegewe die huidige finansiële en bedryfsuitdagings waarmee hy te kampe het.
# AfriForum sê die 2024 Wetsontwerp op Tradisionele en Khoi-San-leierskap skend tans die Verenigde Nasies se Verklaring oor die Regte van Inheemse Volke. Die wetgewing wil tradisionele en Khoi-San-leierskapstrukture in die land erken en reguleer. Barend Uys van AfriForum sê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, moet in die belang van kultuurgemeenskappe optree en belangrike wysigings aan die konsepwet aanbring:
# Die DA vra die herlewing van die Wes-Kaapse teen-bende-eenheid na ‘n ernstige krisis in sy werksaamhede ontbloot is. Die DA sê die eenheid, wat in 2018 geskep is om bendegeweld teen te werk, sukkel met stukkende voertuie, onvoldoende kantoorruimte en beperkte hulpbronne. Nicholas Gotsell van die DA sê met meer as 80 sterftes elke maand as gevolg van bendegeweld sal die party druk op die Parlement toepas om die polisie verantwoordelik te hou vir die eenheid se ineenstorting:
# ‘n Verslag van die Verenigde Nasies het ‘n patroon van menseregtevergrype deur gewapende groepe in die suidooste van die Sentraal-Afrikaanse Republiek onthul wat Moslem-gemeenskappe en Soedanese vlugtelinge teiken. Ondersoeke het bewyse gevind van teregstellings, seksuele geweld, marteling en gedwonge arbeid. Die VN se hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, sê die verslag gee besonderhede oor twee vlae aanvalle in die Mbomou- en die Haut-Mbomou-streek waarin minstens 24 mense vermoor is, insluitend slagoffers wat summier tereggestel is:
# Rugby: Springbok-bestuur wil hê die span moet vanjaar nog drie wedstryde speel om die skedule moeiliker te maak halfpad tussen die twee Wêreldbekertoernooie. Die tweemalige verdedigende kampioen het reeds 13 bevestigde afsprake, maar bedryfsbestuurder Charles Wessels sê hulle beplan ‘n wedstryd teen die Barbarians in Junie, sowel as twee toetse teen onbevestigde teenstanders. Hoofafrigter Rassie Erasmus sê hulle besef dit gaan ‘n taai seisoen wees, maar hulle wil die spelers die kans gee om ervaring op te bou en hulle staal te wys.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-28 sent teen die dollar, 19-rand-75-sent teen die euro en 23-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-629-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-921-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….