Nuus 11:00
BULLETIN 28 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Epidemioloog sê Trump se staking van befondsing hou ernstige gevare vir Suid-Afrika in
# GOOD vra die verslag oor die gebou-instorting in George moet bekendgemaak word
# En eerste minister Starmer sê Brittanje sal ‘n vredesooreenkoms in Oekraïne ondersteun
# Die bekende epidemioloog, Salim Abdool Karim, sê Amerika se skielike verandering in benadering teenoor MIV/Vigs-organisasies hou onnodige gevare in. Die Amerikaanse regering het befondsing aan die Presidensiële Noodplan vir MIV/Vigs-organisasies in Suid-Afrika gestaak. Dit ontvang fondse van die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling. Die noodplan verteenwoordig 17-persent van die land se MIV/Vigs-begroting. Karim het aan News24 gesê baie MIV-positiewe mense wat behandeling deur noodplanvennote ontvang het, het nou geen toegang tot medisyne nie.
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die opvoubare lessenaars verdedig wat in Oos- en Wes-Kaapse skole bekendgestel is, en sê dit is wetenskaplik goedgekeur vir veiligheid. Die veeldoelige ontwerp sluit in ‘n tas op wiele, ‘n lessenaar, ‘n stoel, ‘n sonkraglig en ‘n USB-laaipunt. Gwarube sê die projek is daarop gemik om infrastruktuur-uitdagings in landelike gebiede uit die weg te ruim:
# Die GOOD-party in George vra dat die bevindings van die ondersoek na die ineengestorte gebou in die munisipale raad ter tafel gelê word. Die gebou was in aanbou toe dit in Mei verlede jaar ingetuimel het. Dit het gelei tot die dood van 34 mense, terwyl 28 gered is. Chantelle Kyd van GOOD sê deur die bevindings te hersien, kan verdere voorvalle van dié aard in die toekoms verhoed word en dit kan ook broodnodige afsluiting vir die slagoffers se naasbestaandes gee:
# Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê ‘n Russies-Oekraïnse vredesooreenkoms moet sterk en regverdig wees. Hy het met die Amerikaanse president, Donald Trump, in die Withuis vergader waar die bereiking van ‘n blywende vrede in Oekraïne en beëindiging van Rusland se volskaalse inval die belangrikste besprekingspunt was. Starmer het benadruk dat Trump en sy administrasie dit grootliks ignoreer dat Rusland die oorlog begin het. Hy sê ‘n vredesooreenkoms kan nie die aanvaller bevoordeel nie:
# Rugby: Drie Ierse legendes gaan na die Sesnasiesreeks uittree. Hulle is die land se mees ervare speler, Cian Healy, Peter O’Mahoney, wat Ierland verlede jaar na die titel gelei het, en nog ‘n speler met meer as 100 toetse op sy kerfstok, Conor Murray. Hulle is waarskynlik onderweg na ‘n sprokies-einde aan hulle toetsloopbane met ‘n ongekende derde agtereenvolgende Sesnasies-kroon. Ierland het vanjaar sy eerste drie wedstryde gewen, maar speel volgende Saterdag tuis teen sy sterkste teenstander, Frankryk.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-19-sent teen die euro en 23-rand-24-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-576-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-863-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….