Nuus 11:00
BULLETIN 27 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA vra besonderhede oor die skikking tussen die ANC en Enzulweni
# Nhlanhla Nene sê die partye in die regering moet ooreenkom oor die begroting
# En die Europese Unie is gereed om Trump se tariewe te vergeld
# ActionSA het ‘n aansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof ingedien om die Verkiesingskommissie te dwing om die redes bekend te maak vir sy besluit om nie die ANC se skuldooreenkoms van 102-miljoen-rand met Ezulweni-beleggings te ondersoek nie. Die twee partye het in Desember 2023 ‘n skikking buite die hof bereik oor die verkryging van verkiesingsmateriaal. Michael Beaumont sê die OVK sal nie die saak ondersoek nie, tensy die party bewyse voorlê, iets wat die Wet op Partybefondsing van die OVK vereis:
# Die oudminister van Finansies, Nhlanhla Nene, sê dis belangrik vir alle partye in die regering van nasionale eenheid om ooreenstemming te bereik oor ‘n gesonde begroting. Die partye het verlede week die voorgestelde BTW-verhoging van twee-persent verwerp, wat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, genoop het om sy begrotingsrede uit te stel. Nene het aan News24 gesê die regering kan meer geld leen, ‘n moontlikheid wat reeds uitgeput is, of besteding verminder. Hy sê eenheid is nodig in die regering, veral in finansiële bestuur, om bestendigheid te verseker.
# Die ANC-Jeugliga in Gauteng verwelkom die hersamestelling van die party se provinsiale uitvoerende komitee en sê dis ‘n belangrike stap om die hernuwingsagenda te bevorder. Die ANC se ingryping in twee provinsies volg na sy swak vertoning in die jongste verkiesing waar hy slegs 35-persent stemme in Gauteng gekry het, en net 17-persent in KwaZulu-Natal. Die liga se woordvoerder, Kgotso Pooe, sê die hersamestelling toon die party se toewyding aan selfregstelling en aanspreeklikheid:
# Die Europese Unie het streng en onmiddellike optrede beloof teen sogenaamde ongeregverdigde tariewe teen vry en regverdige handel. President Donald Trump van Amerika het gedreig om tariewe van 25-persent in te stel op goedere wat in die EU vervaardig is. Hy beskuldig die groep van 27 lande dat hulle Amerika uitbuit. Dié groepering en China is Amerika se derde grootste handelsvennote. Die EU sê hy sal baklei teen tariewe wat regs- en nie-diskriminerende beleid uitdaag en altyd Europese sakeondernemings, werkers en verbruikers beskerm.
# Sokker: Liverpool het Newcastle twee-nul geklop en is 13 punte voor op die Premierliga-punteleer. Dominik Szoboszlai en Alexis MacAllister se doele het die oorwinnning vir die Rooies beklink, wat hulle ‘n stap nader aan die titel bring. Arsenal se titelhoop is bykans verydel na ‘n doellose stryd teen Nottingham Forest, wat derde op die punteleer is. Manchester City het Tottenham een-nul geklop en is terug in die top-vier. Liverpool se hoofafrigter, Arne Slot, sê hulle dink nie nou aan die titel nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-44-sent teen die dollar, 19-rand-30-sent teen die euro en 23-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 86-duisend-199-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-893-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-16-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….