Nuus 11:00
BULLETIN 22 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Landbou-ministerie maak voorspraak vir meer kleinskaalse boere in die rooivleis-waardeketting
# Die Stad Kaapstad verwelkom die aanslag op misdaad met ‘n toename in geweer- en dwelm-arrestasies
# En rugby: Die Sesnasies is die naweek in sy derde ronde
# Die minister van Landbou John Steenhuisen het die behoefte beklemtoon om kleinskaalse gemeenskapsboere in die rooivleiswaardeketting te integreer teneinde uitvoere aan te spoor. Die inisiatief kom te midde van voortgesette uitbrekings van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal, met beperkingspogings wat inentings en afsondering insluit. Steenhuisen sê om kleinskaalse boere te bemagtig is deurslaggewend vir ekonomiese groei, veral omdat die siekte uitvoermarkte bedreig as dit nie doeltreffend bestuur word nie:
# Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis het die styging in vuurwapen- en dwelm-arrestasies onder die LEAP-program geloof. Misdaadstatistiek vir Januarie tot Maart 2024 toon vuurwapen-arrestasies het in Delft met 70-persent toegeneem, in Gugulethu 94-persent, in Mitchells Plain 33-persent en in Philippi-Oos 40-persent. Dwelmverwante inhegtenisnemings het dramaties toegeneem, met ‘n 333-persent vermeerdering in Philippi-Oos en 114-persent in Gugulethu. Die burgemeester sê die stad sal steeds polisiëring opskerp met tegnologie soos hommeltuie en CCTV-kameras. Hy vra beter bronne vir die SAPD om skuldigbevindings te verseker en die misdaadbestrydingsukses te handhaaf.
# Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, versoek inwoners om waaksaam te bly aangesien daar na voortgesette swaar reën steeds vloedrisiko’s in die provinsie bestaan. Sewe sterftes is vandeesweek aangemeld, met ses in eThekwini weens modderstortings, terwyl ‘n jong leerder deur vloedwater in eShoba meegesleur is. Woordvoerder vir die departement, Senzelwe Mzila, sê rampbestuurspanne is ontplooi na gebiede wat geraak word:
# Pous Fransiskus is nog nie buite gevaar nie en sal nog minstens ‘n week in die hospitaal bly. Dokters het egter in hulle eerste persoonlike opdatering ‘n week nadat die pous opgeneem is, gesê sy lewe is nie in gevaar nie. Die 88-jarige pous word behandel vir dubbelle longontsteking en chroniese brongitis. Hy kry af en toe suurstof en versterkte dwelmterapie vir longontsteking. Miljoene mense reg oor die wêreld is bekommerd oor die agteruitgang van die pous se gesondheid en spekuleer oor ‘n moontlike bedanking.
# En, rugby: Die Sesnasies bereik die naweek die derde ronde, en opwindende kragmetings word verwag. Wallis verwelkom die verdedigende kampioen en voorloper op die punteleer, Ierland, in Cardiff. Afskop is 4.15. Engeland en Skotland pak mekaar daarna op Twickenham. Môremiddag vyf-uur speel Italië en Frankryk teen mekaar in Rome. Ierland het Engeland en Skotland in die eerste twee rondes geklop en staan op tien punte, gevolg deur Frankryk en Engeland, albei op ses, Skotland op vyf, Italië op vier en Wallis op een.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….