Nuus 11:00
BULLETIN 16 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Afrika-leiers doen ‘n beroep op M23-rebelle om gevegte in DRK te staak
# Brandbestryders veg voort teen brand in die Banhoekvallei naby Stellenbosch
# En, Europese leiers maak gereed om ‘n noodberaad oor Oekraïne te hou
# Die Afrika-Unie se Vergadering van Staatshoofde en Regering het ernstige kommer uitgespreek oor die ontwikkelende situasie in die ooste van Demokratiese Republiek die Kongo. Dit is tydens die 38ste Sessie van die Afrika Unie Beraad in Addis Ababa, Etiopië bespreek. Die staatshoofde het ‘n beroep op die M23-rebelle gedoen om gevegte te staak om verdere lewensverlies te voorkom. Die vergadering het die dringende behoefte vir inklusiewe onderhandelings en politiese dialoog beklemtoon as die enigste oplossing om die beeïndiging van die konflik op die Afrika-kontinent te bewerkstellig.
# Die Internasionale Lugvervoervereniging en 123Carbon het ‘n vennootskap aangegaan om hul Registers vir Volhoubare Lugvaartbrandstof versoenbaar te maak. Die doel is om deursigtigheid te verbeter en om foute, soos dubbele uitreiking, te voorkom. IATA-woordvoerder, Marie Owens Thomsen, benadruk die belangrikheid van gebruikersvertroue en wêreldwye belyning met die ontkoling van lugvaart. Die samewerking fokus op unieke identifiseerders van data, uitruil van inligting en oplossing van geskille. Sy beklemtoon met die bekendstelling van IATA se Volhoubare Lugvaartbrandstof-register in April, ondersteun hierdie inisiatief standaardisering en wyer aanvaarding daarvoor.
# Die Kaapse Wynland Distrikmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê brandbestryders en hulle vennote veg voort teen die bergbrande in die Banhoekvallei, Stellenbosch. Die munisipale woordvoerder, Anesca Roodt sê koeler oornagtemperature het gehelp om hulle taak makliker te maak. Sy sê egter dit brand steeds in moeilik bereikbare areas en dit het effens na die Jonkershoekvallei versprei:
# Europese leiers ontmoet na verwagting volgende week vir ‘n noodberaad oor die oorlog in Oekraïne. Dit volg na kommer dat die VSA voortgaan met Russiese vredesonderhandelinge sonder Europa. Die Britse eerste minister, Keir Starmer, wat die beraad in Parys sal bywoon, sê dit is duidelik dat Europa ‘n groter rol in Navo moet speel. Dit volg na Donald Trump se spesiale gesant na Oekraïne gesê het daar sal gesprekke met Europese leiers wees, maar hulle sal nie deel wees van die samesprekings tussen die VSA en Rusland oor die beëindiging van die oorlog nie.
# En ten slotte tennis: Die Brasiliaanse tiener Joao Fonseca het gister die jongste kleibaanfinalis sedert Carlos Alcaraz in 2021 geword toe hy na die eindstryd van die Argentynse Ope deurgedring het. Die 18-jarige het Laslo Djere van Serbië met 7-6, 5-7, 6-1 in ‘n dramatiese halfeindstryd oorwin. Hy het kalm gebly teen sy geharde opponent nadat hy ‘n wedstrydpunt in die negende spel van die tweede stel afgeweer het. Hy kom vanaand in die eindstryd teen Francesco Cerondolo van Argentinië te staan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….