Nuus 11:00
BULLETIN 10 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê diplomasie is die volhoubaarste oplossing vir die konflik in die DRK
# Die DA appelleer teen die Presidensie se besluit om die Simelane-verslag geheim te hou
# En netbal: Engeland klop Suid-Afrika en wen die Nasiesbeker
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika bly verbind tot ‘n diplomatieke en politieke oplossing wat voorkeur gee aan bestendigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo en sy buurlande. Die president het die naweek die gesamentlike beraad van die Oos-Afrika Gemeenskap en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Tanzanië bygewoon. Veertien soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in die DRK dood. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die beraad het die oproep herhaal vir ʼn onmiddellike skietstilstand en bevestiging van die DRK se onafhanklikheid, soewereiniteit en gebiedsintegriteit.
# Die Suid-Afrikaanse Sakekamer in Amerika sê hy het meer as 20-duisend navrae van Suid-Afrikaners ontvang wat hulle in Amerika wil hervestig. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, met ‘n uitvoerende bevel hulp aan Suid-Afrika opgeskort en voorkeur gegee het aan die hervestiging van Afrikaner-slagoffer van rasse-diskriminasie. Die kamer se president, Neil Diamond, het aan die SAUK gesê ‘n massa-uittog van vaardige professionele boere uit Suid-Afrika kan moontlik plaasvind:
# Die DA sê hy appelleer teen die Presidensie se besluit om toegang te weier tot die verslag oor die gewese minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Thembi Simelane. Die verslag wat aan Ramaphosa oorhandig is, handel oor Simelane se vermeende betrokkenheid by die VBS-plunderskandaal. Glynnis Breytenbach van die DA sê die Presidensie, wat die toegang tot inligting kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting weier, maak in hierdie geval staat op verkeerde redes en misluk uiteindelik om openbare belang in ag te neem.
# Limpopo se regering gaan begin om die 13 liggame te identifiseer wat die naweek in ʼn botsing op die R-40 in Hoedspruit dood is. Albei voertuie het aan die brand geslaan met die insittendes binne-in vasgekeer. Die premier se woordvoerder, Thilivhali Muavha, sê ʼn span bestaande uit amptenare van die Departemente van Gesondheid, Vervoer en Gemeenskapsveiligheid is saamgestel:
# Netbal: Engeland het Suid-Afrika in die Copper Box-arena in Londen 61-55 geklop om die eerste keer die Nasiesbeker te buit. Suid-Afrika het flink weggespring en teen die einde van die eerste kwartier 15-12 voorgeloop. Jess Thirlby se span het egter hul sokkies opgetrek en die oorwinning behaal. Uganda het die uitspeelstryd om derde plek gewen deur Malawi 50-45 te klop. Die Protease se afrigter, Jenny van Dyk, sê hulle is teleurgesteld met die uitslag maar het alles gegee:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-46-sent teen die dollar, 19-rand-6-sent teen die euro en 22-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-350-dollar-sent. Die prys van goud is twee-duisend-888-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-een-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….