Nuus 11:00
BULLETIN 8 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Trump beveel die VSA om vlugtelinghervestiging van Suid-Afrikaners van Europese afkoms voorop te stel
# Pandor vra wanopvattings te midde van VSA-SA-spanning moet behoorlik aangespreek word
# En hokkie: Suid-Afrika maak geskiedenis met eerste Binneshuise Hokkie Wêreldbeker-halfeindstryd
# President Donald Trump het regeringsamptenare opdrag gegee om prioriteit te gee aan die hervestiging van Suid-Afrikaners van Europese afkoms deur die VSA se vlugtelingprogram. Trump se raadgewer en Suid-Afrikaans-gebore miljardêr Elon Musk het vroeër gesê die land se Wet op die Onteiening van Grond laat toe vir ras-gemotiveerde beslaglegging op grond in die besit van wit Suid-Afrikaners. In sy bevel gee Trump die minister van Buitelandse Sake Marco Rubio en sy eweknie van Binnelandse Sekerheid Kristi Noem opdrag om humanitêre verligting voorop te stel, wat insluit toelating en hervestiging deur Amerika se Vlugtelingetoelatingsprogram, vir Afrikaners in Suid-Afrika wat slagoffers is van onregverdige rassediskriminasie.
Intussen het die voormalige minister van Internasionale Betrekkinge Naledi Pandor teleurstelling uitgespreek oor Trump en Rubio se kritiek op Suid-Afrika. Trump beweer die grondonteieningswette mishandel sekere groepe, terwyl Rubio gedreig het om die G20-spitsberaad te boikot. Pandor vra behoorlike kommunikasie en versterkte diplomatieke pogings, en beklemtoon Suid-Afrika se sterk bande met die VSA:
# Eskom het bevestig beurtkrag bly opgeskort danksy ‘n bestendige kragstelsel en heraangevulde noodreserwes. Die nutsmaatskappy sê Kusile Eenheid 3 is weer aanlyn na herstelwerk, met die eerste twee eenhede wat in Junie voltooi behoort te wees. Die woordvoerder Daphne Mokoena sê die jaar-tot-jaar-dieselbesparings het 16,54-miljard-rand bereik, wat ‘n vermindering van 59,7-persent is. Sy prys die aansienlike verbetering met onbeplande onderbrekings en energiebeskikbaarheid met volgehoue elektrisiteitstoevoer:
# Hokkie: Die Suid-Afrikaanse Binnenshuise Hokkiemanspan het Vrydag geskiedenis gemaak in Kroasië met ‘n perfekte vertoning waarmee hulle die wêreld se nommer twee-span Iran met 6-0 geklop het. Hulle het daarmee ‘n geskiedkundige eerste halfeindstryd in enige Internasionale Veldhokkiewêreldbeker ingepalm. Suid-Afrika het kort voor die begin van die wedstryd die nuus ontvang at hulle mees ervare speler Justin Domleo die res van die toernooi weens ‘n besering sal misloop. Dit het die span amper aangevuur om seker te maak hulle wen vir hulle man. Suid-Afrika kom nou in die halfeindstryd te staan teen Duitsland.
# En ‘n rivier in ‘n voorstad van Buenos Aires in Argentinië is nou helderrooi wat kommer onder inwoners laat ontstaan. Volgens berigte in plaaslike media is dit nie die eerste keer dat die rivier verkleur nie en inwoners vrees besoedeling. Een inwoner het aan La Nación gesê die rivier verander gereeld van kleur en het soms ‘n dik geel laag met ‘n suur reuk. Die Omgewingsministerie in die streek sê monsters van die water sal ontleed word om te bepaal wat die kleurverandering veroorsaak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….