Nuus 11:00
BULLETIN 26 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile eis Macpherson se bedanking oor die Wet op Onteiening
# Eskom waarsku Nersa teen ‘n tariefvertraging
# En, sokker: Bafana Bafana wag op die AFCON Marokko 2025-trekking in Rabat
# Adjunk-president Paul Mashatile het die minister van Openbare Werke Dean Macpherson aangeraai om te bedank as hy die Wet op Onteiening teenstaan. Sedert president Cyril Ramaphosa die wet bekragtig het, het politieke partye sterk daaroor gereageer. Mashatile het in die Vrystaat gepraat en ministers gevra om die president se voorskrifte en die wette van die land te gehoorsaam. Hy het die ANC se toewyding tot ekonomiese transformasie en die aanspreek van ongelykhede beklemtoon en die wet se rol in die vernouing van sosio-ekonomiese gapings bevestig.
Intussen stel die minister van Grondhervorming, Mzwanele Nyhontso, stel voor die Wet op Onteiening se naam moet verander word na die Herverspreidingswetsontwerp, wat die rol daarvan beklemtoon in die teruggee van grond aan Afrika-mense. Nyhontso het met Newzroom Afrika gepraat en gevra vir samewerking met Openbare Werke om herverspreiding te versnel, maar gemaan teen ‘n uitgerekte proses en gewaarsku teen grondbesetting, terwyl hy geduld en voldoening aan wetlike raamwerke aanmoedig:
# Eskom moedig Nersa aan om nie die instelling van sy nuwe kleinhandeltariefplan te vertraag nie, en waarsku dit kan verkeerde prysaanduidings inburger. Die voorgestelde plan wil tariewe laat ooreenstem met selfopwekking en terugverkooptendense, wat regverdige inkomsteherwinning sal verseker. Eskom hou vol die aanpassings sal nie inkomste verhoog nie, maar sal koste herrangskik. Kritici maan egter die veranderings kan munisipale verspreiders skaad, daksonkraggebruikers penaliseer en aanleiding gee tot markonbestendigheid.
# ‘n Amerikaanse vrou het die wêreld se langslewende ontvanger van ‘n varkorgaan geword nadat sy reeds 61 dae lank gesond leef met haar nuwe nier. Towana Looney het die eksperimentele orgaan in November ontvang na amper agt jaar op die orgaanoorplantingslys met min hoop op ‘n gepaste nier. Sy is net elf dae na haar operasie uit die hospitaal ontslaan en word nou ‘n maand lank in New York waargeneem voordat sy na haar huis in Alabama terugkeer. Nog net vier ander Amerikaners het varkorgane ontvang en nie een van hulle het langer as twee maande oorleef nie.
# En sokker: Bafana Bafana wag gretig op hulle groepsplasing vir die Afrikanasiesbeker Marokko 2025, nadat hulle beïndruk het met hulle plek boaan hulle voorlopige groep. Hulle is voor Uganda, die Kongo en Suid-Soedan met hulle twaalfde verskyning by Afcon. Die kaptein Rowen Williams is vol vertroue hulle is gereed om voort te bou op verlede jaar se derde plek in die Ivoorkus, met 24 lande wat voorberei vir die geskiedkundige toernooi:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….