Nuus 11:00
BULLETIN 16 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VN-hoof sê die Israel-Hamas wapenstilstand is ‘n eerste stap om die lyding te verlig
# Meer as 400 bykomende onderwysposte word in die Wes-Kaap beskikbaar gestel
# En Suid-Afrika se waardevolste muntstuk is vir meer as 40-miljoen-rand verkoop
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het Egipte, Katar en Amerika gelukgewens vir hul toewyding as onderhandelaars in die bedinging van die tydelike skietstilstand tussen Israel-Hamas in Gaza. Die stilstand van drie fases begin Sondag en behels die vrylating van Israelse gyselaars in Gaza en Palestyne in Israelse aanhouding. Guterres sê die stilstand het beduidende veiligheids- en politieke struikelblokke uit die weg geruim om hulp in Gaza te voorsien:
# Die vakbond, Nehawu, sê hy ondersteun die Gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, se verdediging van die volle Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. Dit volg ná ‘n artikel in City Press waarin berig word die ANC gaan by die eerste kabinet-lekgotla ʼn kompromie-voorstel ter tafel lê oor die NGV se instelling. Dit is glo om vennote in die regering van nasionale eenheid tevrede te stel. Nehawu-woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê hierdie bewerings word gemaak om die volle instelling van die NGV-wet te ontspoor:
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê deur verdere aanpassings in sy begroting kan hy nou 477 nuwe onderwysposte beskikbaar stel. Meer as tweeduisend-400 kontrakonderwysers in die provinsie se poste is weens besnoeiings in Nasionale Tesourie se begroting nie hernu nie. Daar is vanjaar meer as 1,2-miljoen leerders in openbare skole. LUR David Maynier sê hy sal voortgaan om vir onderwysers te veg:
# Tennis: Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Iga Swiatek, en die Brit, Emma Raducanu, takel mekaar in die Australiese Ope se derde ronde. Die Pool het Rebecca Sramkova van Slowakye in die tweede ronde afgeransel terwyl Raducanu die Amerikaner, Amanda Anisimova geklop het. Ons Jabeur van Tunisië het asemhalingsprobleme oorkom en die Colombiaan, Camila Osorio verslaan. In die mansafdeling het die Amerikaner, Taylor Fritz, die Chileense kwalifiseerder, Cristian Garin, maklik verneder terwyl Alex de Minaur van Australië die Amerikaanse kwalifiseerder, Tristan Boyer geklop het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 19-rand-30-sent teen die euro en 22-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-764-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-694-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-28-sent per vat.
# En, Een van die skaarste en waardevolste Suid-Afrikaanse muntstukke, die “Enkel-9”-pond van 1898 is onlangs teen 40,10-miljoen-rand op ‘n veiling verkoop. Net een van dié foutiewe munte met ‘n syfer 9 op die voorkant is tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak. Sy waarde het oor die jare tot 4,65-miljoen-rand in 1999 gestyg en is in 2010 vir 20-miljoen-rand verkoop. Ses bykomende munte is ook vir meer as een-miljoen opgeveil. Die Bassani-Afslaers sê dit is ‘n bewys van die wêreldwye waardering vir Suid-Afrika se ryk geldeenheid-erfenis.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….