Nuus 11:00
BULLETIN 14 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê die toerismesektor toon groot potensiaal
# AfriForum is bekommerd oor leerders wat uit die onderwysstelsel verdwyn
# En Biden sê ‘n skietstilstandooreenkoms in Gaza is binne bereik
# President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid het groei in die toerismesektor as ‘n belangrike deel van werkskepping geïdentifiseer. In 2023 het sowat 8,5-miljoen internasionale toeriste in die land aangekom en meer as 95-miljard-rand bestee. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die regering werk aan toerisme-strategieë om die aantal inkomende toeriste tot voor Covid-19-vlakke te herstel. Hy sê dit sluit in om die toerismevisum-werkswyse verbeter, toeroperateurs se lisensieprosesse te gemaklik en veiligheid en sekuriteit by toeristebestemmings op te skerp.
# AfriForum sê die land se slaagsyfer van 87,3-persent in die 2024 Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen is ‘n uitstekende prestasie, maar dit wek terselfdertyd kommer. Hy sê hy is bekommerd oor die groep leerlinge wat uit die stelsel verdwyn het voordat hulle hul matriekeksamen kon aflê. Alana Bailey van AfriForum sê die getal matrikulante wat wel matriek geskryf het, is 36-persent minder as dié wat in 2013 vir graad 1 ingeskryf is:
# ʼn Hoëvlak-afvaardiging van die ministeries van Polisie en Minerale Hulpbronne besoek vandag Stilfontein in Noordwes nadat reddingsoperasies by die Buffelsfontein-goudmyn begin het. Tot op hede het meer as eenduisend-500 onwettige mynwerkers na die oppervlak gekom en is in hegtenis geneem. Sedert die reddingpoging Maandag begin het, is 26 zama zamas en nege liggame na die oppervlak gebring. Die ministeries sê vandat Operasie Vala Umgodi ingestel is, is groot sukses behaal om onwettige mynbedrywighede te bekamp.
# Amerika se president Joe Biden sê sy administrasie werk hard om ʼn skietstilstand-ooreenkoms tussen Israel en Hamas in Gaza te bereik. Volgens Israel se regering hou Hamas steeds 94 van die 251 gyselaars gevange, waarvan minstens 34 reeds gesterf het. Israel en Hamas voer meer as ʼn jaar lank reeds indirekte samesprekings wat deur Katar, Amerika en Egipte bemiddel word. Biden sê die ooreenkoms stem ooreen met ʼn voorstel wat hy ʼn paar maande gelede gemaak het:
# Tennis: Die kwarteindfinalis van 2024 se Australiese Ope, Taylor Fritz, het vir die sewende agtereenvolgende jaar na die tweede ronde deurgedring. Die Amerikaner het sy landgenoot Jenson Brooksby 6-2, 6-0, 6-3 geklop. Matteo Berrettini van Italië het met 32 kishoue met Cameron Norrie van Brittanje afgereken in 6-7, 6-4, 6-1, 6-3. In die vroue-afdeling is Elena Rybakina van Kazakhstan deur na die tweede ronde met ‘n sege van 6-1, 6-1 oor Australië se Emerson Jones. Brittanje se nommertwee-speler, Emma Raducanu, die Amerikaner Emma Navarro en die Rus Daria Kasatkina het ook deurgedring.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-97-sent teen die dollar, 19-rand-46-sent teen die euro en 23-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-999-dollar-1-sent. Die prys van goud is twee-duisend-670-dollar-1-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-66-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….