Nuus 11:00
BULLETIN 12 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu verwelkom die ANC se oproep tot hernuwing
# Die dodetal in die Pienaar-massaskietery styg tot agt
# En Tennis: Novak Djokovic sê hy geniet sy vennootskap met Andy Murray
# Cosatu se president, Zingiswa Losi, onderskryf oproepe om die ANC te hernu. Dit volg nadat die ANC-president, Cyril Ramaphosa ‘n beroep gedoen het vir die versterking van takke ná die party in Mei sy meerderheidstem verloor het. Ramaphosa het die ANC aangemoedig om sy eertydse glorie te herwin. Losi het voor die party se 113de verjaardagvierings in Khayelitsha gesê die party moet sy grondslap hersien en foute uit die verlede regstel:
# Die dodetal in die skietvoorval in ‘n taverne in die Pienaar-township het tot agt gestyg nadat twee van die ses beseerdes in die hospitaal aan hul wonde beswyk het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Donald Mdhluli, het bevestig ‘n 72-uur-lange soektog is aan die gang om die verdagtes op te spoor. Hy sê die motief vir die aanval gisteroggend, waartydens ses lewens op die toneel geëis is, word nog ondersoek:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik oor ontwrigtende reën en hewige storms vandag. Swaar reën word in KwaZulu-Natal voorspel en erge donderstorms word in Mpumalanga en Limpopo verwag. Die westelike dele van die land sal na verwagting warm wees met die noordoostelike dele van die Noord-Kaap wat uiterste brandgevaartoestande in die gesig staar. Provinsies soos Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en die Oos-Kaap kan verskeie weerpatrone verwag, wat wissel van donderstorms tot verspreide buie en koeler temperature.
# Twee trems het Saterdag in Straatsburg in die ooste van Frankryk gebots en tientalle beserings veroorsaak. Volgens owerhede het die ongeluk die middag in ‘n tonnel gebeur op pad na die sentrale stasie. Nooddienste het 130 brandbestryders en 50 reddingsvoertuie ontplooi en die gebied vir veiligheidsredes afkordon. Ongeveer 50 mense is taamlik ernstig beseer, met onder andere kopvelwonde, sleutelbeen-frakture en kniebeserings. Die oorsaak van die botsing is onduidelik, maar die plaaslike media het berig dat een van die tremme agteruit beweeg het ten tye van die botsing.
# En tennis: Die vier-en-twintigmalige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic sê Andy Murray het ‘n unieke perspektief op sy spel, omdat hulle vir meer as 20 jaar teenstanders was. Murray sal Maandag vir die eerste keer in ‘n amptelike wedstryd by die Australiese Ope in Djokovic se afrigtersboks sit wanneer die tienmalige Australiese Ope kampioen die 19-jarige Amerikaner Nishesh Basavareddy in sy openingswedstryd ontmoet. Djokovic sê Murray ken die evolusie van sy spel, insluitend sy swakpunte en sterk punte:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….