Nuus 11:00
BULLETIN 11 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cyril Ramaphosa vra vir industrialisasie om werkloosheid aan te pak
# Eskom voldoen aan die vraag na elektrisiteit en bespaar steeds op dieseluitgawes
# En tennis, Gael Monfils word oudste man in 48 jaar om ‘n toervlaktitel te wen
# ANC-president Cyril Ramaphosa sê daar is ‘n dringende behoefte aan transformasie en die bou van ‘n inklusiewe ekonomie wat sal lei tot meer industrialisie, innovering en werkskepping. Hy het Vrydagaand in Kaapstad gepraat tydens ‘n gala-dinee ter viering van die party se 113de bestaansjaar. Ramaphosa het ook ‘n beroep op die private sektor gedoen om tegniese en beroepsopleiding met werksgeleenthede te belyn, inklusiewe groei te bevorder en armoede te verminder:
# Eskom sê hy het 16,28-miljard-rand aan dieseluitgawes bespaar, en staan sedert 26 Maart verlede jaar nou op 289 opeenvolgende dae sonder beurtkrag. Dit is sowat 63,4-persent minder as die 25,67-miljard-rand wat in dieselfde tydperk verlede jaar bestee is. Eskom sê ten einde aan die vraag te voorsien, is daar gedurende hierdie tydperk staatgemaak op ‘n hoër beladingsvlak vir oopsiklus-gasturbines, wat intussen afgeneem het. Die kragvoorsiener voeg by sy energiebeskikbaarheidsfaktor het die afgelope week effens verbeter van ‘n gemiddeld van 54,65-persent tot 56,97-persent.
# Altesaam agt mense, waaronder twee voetgangers, is Vrydagaand in drie afsonderlike ongelukke in die Oos-Kaap dood. Die ergste voorval was op die N2 naby Phakade waar ses mense dood is in ‘n botsing reg voor tussen ‘n bakkie en ‘n vragmotor. Daar was 12 mense in die bakkie. Twee voetgangers is deur voertuie omgery, een op die N2 naby Dans Lodge net buite Mthatha en die ander in die Oos-Londen middestad. ‘n Provinsiale Vervoerwoordvoerder, Unathi Binqose, sê sake van strafbare manslag is geopen:
# Die dodetal in Gasa gedurende die eerste nege maande van die Israel-Hamas-oorlog is dalk 40-persent hoër wees as die getalle wat deur die gesondheidsministerie in die Palestynse gebied gegee word. Navorsing vir die Britse mediese joernaal The Lancet beraam die dodetal op tussen 55-duisend-298 en 78-duisend-525 mense, vergeleke met 37-duisend-877 wat deur Palestina gegee word. Nagenoeg 59,1-persent van die sterftes was vroue, kinders en mense ouer as 65. Die Israeliese ambassade in Brittanje sê enige inligting wat uit Gasa kom is onbetroubaar en bedien Hamas.
En tennis: Fransman Gael Monfils het geskiedenis gemaak deur die oudste toervlakkampioen te word sedert die Australiese legende Ken Rosewell in 1977. Die 38-jarige het Zizou Bergs van België met 6-3, 6-4, verslaan en daarmee die ASB Classic in Auckland ingepalm. Dit is sy 13de toervlaktitel en sy eerste sedert die 2023 Nordiese Ope in Stockholm. Monfils sê ondanks sy naderende uittrede, voel hy steeds goed oor sy spel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….