Nuus 11:00
BULLETIN 6 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Onderwys-aktivis sê skole moet die kwalifikasies van die onderwyspersoneel aan ouers bekendmaak
# Die regering sal die asemhalingsvirus-uitbreking in China monitor
# En, tennis: Barbora Krejcikova onttrek haar aan die Australiese Ope oor ‘n rugbesering
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta vra skole om die kwalifikasies van hul onderwyspersoneel bekend te maak. Dit volg op ‘n kommerwekkende neiging by sekere skole om studente-onderwysers aan te stel om leerders te onderrig, hoewel die Suid-Afrikaanse Onderwysersraad bepaal dat studente-onderwysers nie veronderstel is om ‘n salaris te ontvang nie. Makaneta sê dié gebruik is nie alleen ‘n oortreding van die riglyne nie, maar wek kommer oor die gehalte onderrig wat die leerlinge ontvang.
# Die MK-studentebeweging sê onderwys in Suid-Afrika ondervind steeds ongelykhede en ongeregtighede weens apartheid, asook ‘n klasse-weerstandigheid. ‘n Woordvoerder, Mfundo Khubisa, sê die beweging het in die lig van die naderende 2025-akademiese jaar die veldtog van die Jacob Zuma-studentemandaat vir Gratis Onderwys aanvaar. Hy sê die veldtog fokus op die uitdagings en teenspoed van Suid-Afrika se onderwysstelsel:
# Die regering sê hy hou die situasie in China fyn dop en kyk voortdurend uit vir nuwe inligting. China beleef ‘n toename in asemhalingsiektes, veral griep en die menslike meta-longvirus. Algemene simptome sluit koors, hoofpyn, liggaamspyne en ernstige hoesbuie in. Die Departement van Gesondheid se woordvoerder, Foster Mohale, sê dis die normale seisoen vir asemhalingsiektes in China, maar dit het later as gewoonlik begin:
# Die lot van twee moordvisse is onseker nadat ʼn marine-dieretuin in Frankryk Sondag gesluit het. Nuwe dierewelsyn-wetgewing wat die aanhou van dolfyne en walvisse in mariene-dieretuinvertonings verbied, is in 2021 aanvaar maar word volgende jaar van krag. Marineland Antibes naby Cannes hou tans twee moordvisse aan – die 23-jarige Wikie en haar 11-jarige seun, Keijo. Die meeste kenners is dit eens dat die twee Yslandse orkas nie in die natuur sal oorleef nie omdat hulle in gevangenskap gebore is en nie die nodige oorlewingsvaardighede het nie.
# Tennis: Die huidige Wimbledon-kampioen, Barbora Krejcikova, het haar aan die Australiese Ope onttrek weens ‘n rugbesering. Die 29-jarige Tsjeg sal ook nie in dié week se Adelaide Internasionale-kampioenskap speel nie. Krejcikova het verlede jaar die Wimbledon-titel gewen – drie jaar ná haar sege in die Franse Ope. Sy het ook sewe Grand Slam-dubbels gewen, insluitend die Australiese Ope, en drie gemengde dubbels-titels in Melbourne. Die Australiese Ope begin op 12 Januarie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 19-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-393-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-632-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-16-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….