Nuus 11:00
BULLETIN 5 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie verskerp wetstoepassingsoperasies in Gauteng
# Een persoon sterf en 30 is beseer in ‘n busongeluk in KwaZulu-Natal
# En sokker: Marcus Rashford is siek en uit Man United se span teen Liverpool
# Die Gautengse Departement van Verkeer sê wetstoepassingsoperasies sal verskerp word in die hele provinsie om te verseker vakansiegangers keer veilig terug huis toe. Die polisiewoordvoerder, Sello Maremane, sê die verhoogde sigbaarheid van verkeersbeamptes het ten doel om padveiligheid te verseker en padongelukke op die hoofroetes in die provinsie te verminder. Hy sê die hoofroetes in die provinsie sal vanoggend en vanmiddag na verwagting besig wees:
# Een persoon is dood en 30 beseer in ‘n busongeluk op die P100 in Ndwedwe, noord van Durban. Die KwaZulu-Natalse LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê die bus het roubeklaers van verskeie denominasies vervoer, insluitend die Nazareth Baptistekerk. Sibiya sê volgens ‘n padverkeerspan het die bus aan die brand geslaan:
# Die Departement van Water en Sanitasie doen ‘n beroep op inwoners van die dorpies Tshitomboni en Tswinga in Limpopo om nie die gevrekte vis uit die Nandoni-dam en die Luvuvhu-rivier te eet of te verkoop nie. Die woordvoerder, Mandla Mathebula sê monsters van gevrekte visse word gehou vir patologiese ontleding, wat gedoen sal word as die laboratoriums volgende week heropen. Hy sê dit behoort die departement in staat te stel om die oorsaak van die vrektes te identifiseer:
# Rusland beweer hy het agt VSA-vervaardigde ATACMS-missiele afgeskiet wat deur Oekraïne afgevuur is. Moskou beskou die gebruik van hierdie missiele, wat ‘n afstand van tot 300 kilometer kan bereik, as ‘n reuse-stap. Die ministerie van Verdediging in Rusland sê hy sal weerwraak neem teen hierdie optrede deur die Kiëf-regime. Die uittredende Amerikaanse president, Joe Biden het Kiëf se gebruik van ATACMS in November goedgekeur. Oekraïne is verder bekommerd dat die inkomende Trump-administrasie noodsaaklike militêre hulp kan verminder. Trump het persoonlik belowe om die konflik te beëindig.
# En sokker: Die Manchester United-voorspeler Marcus Rashford is siek en sal vandag se Premierliga-kragmeting teen die liga-voorlopers Liverpool op Anfield misloop. Die 27-jarige Rashford is vir vier agtereenvolgende wedstryde uit die groep gelaat voordat hy op die bank was vir hul wedstryd teen Newcastle United, wat die span met 2-0 op Old Trafford verloor het. Rashford het 138 doele in 426 wedstryde aangeteken sedert hy sy senior debuut vir die klub in 2016 gemaak het, en die Europa Liga, twee FA-bekers en twee Ligabekers gewen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….