Nuus 11:00
BULLETIN 28 Desember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA vra versterkte beskeming op die grensposte tussen Suid-Afrika en Mosambiek
# Die aankondiging van Suid-Afrika se se nuwe loterylisensie-operateur word vertraag
# En, sokker: Amorim skop die slegste af by Manchester United sedert 1932
# ActionSA vra die regering om te verseker dat die formele grensposte tussen Suid-Afrika en Mosambiek versterkte beskerming kry en die kwesbare gebiede vir onwettinge oorstekings ook gemonitor word. Die president van die organisasie, Herman Mashaba, sê Suid-Afrika moet neutraal bly en die foute vermy wat hy deur die jare gemaak het deur skaamteloos vir ZANU-PF in Zimbabwe te steun, in stryd met die beste belange van daardie land se mense:
# Die aankondiging van ‘n nuwe lisensie-operateur vir Suid-Afrika se lotery is weereens uitgestel. Die operateur sal intree wanneer Ithuba se lisensie in Mei verstryk. Die aanstellingsproses ondervind steeds vertragings en bewerings van belangebotsings. Die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, sê hy wag op raad van die Tesourie oor die beste manier om die voortsetting van die lotery intussen te verseker. Volgens GroundUp het die Nasionale Loterykommissie gebeurlikheidsplanne beraam met die gebruik van 3,9-miljard-rand se reserwes om goeie ondernemings te befonds in geval van ontwrigting.
# Eskom sê hy het ‘n aansienlike mylpaal bereik met sy belofte om betroubare elektrisiteitstoevoer te verskaf. Woordvoerder Daphne Mokwena sê die kragnutsmaatskappy het suksesvol meer as nege maande afgehandel sonder beurtkrag sedert 26 Maart vanjaar. Sy sê die prestasie onderstreep Eskom se toewyding om die land se energie-uitdagings die hoof te bied deur sy belegging in die opwekkingherstelplan en versterkte onderhoudsprotokolle:
# Die premier van Limpopo, Phophi Ramathuba, loof die polisie van Seshego vir die vinnige inhegtenisneming van ‘n 28-jarige man nadat sy 13-jarige meisie op Kersdag in die Seshego-hospitaal geboorte geskenk het. Ramathuba vra geregtigheid en beklemtoon die belangrikheid van die beskerming van kinders. Sy sê die inhegtenisneming onderstreep voortgesette pogings om statutêre verkragting stop te sit, met regeringsplanne wat gemik is op die vermindering van tienerswangerskappe deur seksgesondheids-opvoeding en toeganklike dienste. Die verdagte bly in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn.
# En, sokker: Ruben Amorim het toegegee hy het geen idee hoe lank dit hom gaan neem om weer lewe te blaas in Manchester United nie. Hy sê sy fokus is op oorlewing nadat Donderdag se loesing van 2-0 teen Wolves hom die slegste begin deur enige Old Trafford-afrigter in byna 100 jaar gegee het. Amorim is die eerste United-bestuurder wat vyf of meer van sy eerste tien wedstryde in beheer verloor het sedert Walter Crickmer in Januarie 1932. United kom Maandag tuis te staan teen een van die liga se topspanne, Newcastle.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….