Nuus 11:00
BULLETIN 24 Desember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Skuldberadingsopname toon ‘n afname in Kersfees-besteding
# Rampbestuurspanne is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag met ontwrigtende reën wat verwag word in KwaZulu-Natal
# En die voormalige Amerikaanse president Bill Clinton is in die hospitaal
# Debt Rescue se jongste opname oor finansiële nood het aan die lig gebring talle Suid-Afrikaanse huishoudings sal moontlik nie die feestyd kan geniet nie. Baie verbruikers het hierdie jaar uitdagend gevind omdat hulle worstel met groot bekostigbaarheidsbeperkings. Die uitvoerende hoof van Debt Rescue, Neil Roets, het aan SABC News gesê baie mense kies om hul Kersbesteding te verminder om verdere finansiële probleme in die nuwe jaar te verhoed:
# Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, verseker die inwoners rampbestuurspanne hou die gure weerstoestande fyn dop. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê die provinsie kan tot môre ontwrigtende reën verwag volgens ‘n waarskuwing deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens:
# Die voormalige Amerikaanse president, Bill Clinton, is in die hospitaal in Washington DC nadat hy koors ontwikkel het. Die 78-jarige is in die MedStar Georgetown Universiteitshospitaal opgeneem vir toetse en waarneming. Die 42ste president se adjunk-personeelhoof, Angel Ureña, het aan NBC News gesê hy is in ‘n goeie luim en dankbaar oor die sorg wat hy ontvang. Clinton was vanjaar aktief op die Demokrate se veldtog ter ondersteuning van adjunkpresident Kamala Harris. Hy het vantevore twee hartoperasies in New York ondergaan, een in 2004 en daarna weer in 2010.
# Krieket: Indië het ‘n terugslag ondervind toe ‘n mediese span die snelbouler Mohammed Shami onfiks verkaar het vir die laaste twee van vyf toetse teen die gasheer, Australië. Shami het die eerste drie toetse ook misgeloop in die reeks wat tans gelykop is met een-elk. Indië se ondersteuners en kritici het verwag dat Shami hom vir die oorblywende toetse by sy mede-snelbouler Jasprit Bumrah sal aansluit. Bumrah het geskitter in die wedstryde in Australië, maar kritici reken hy benodig ondersteuning in Shami se afwesigheid.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-52-sent teen die dollar, 19-rand-25-sent teen die euro en 23-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-979-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-620-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-70-sent per vat.
# En ten slotte: ‘n Klassieke komponis wat saam met die rock-legende Paul McCartney opgetree het, is gekies om ‘n nuwe lied te skryf vir die wêreld se bekendste Kersdiens, wat op Oukersaand uitgesaai word aan ‘n wêreldgehoor van 160-miljoen mense. Die diens in King’s College in Cambridge word sedert 1918 gehou, maar die kapel het onlangs opdrag gegee dat ‘n nuwe lied elke jaar gekomponeer moet word. Bill Ives was een van die uiters suksesvolle King’s Singers wat in die paddakoor gesing het op McCartney se liedjie We All Stand Together.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….