Nuus 11:00
BULLETIN 17 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Nagenoeg ‘n duisend vermeende onwettige mynwerkers is in Julie in hegtenis geneem
# Die NSRI soek steeds na die vermiste vlieënier langs Durban se Noordkus
# En rugby: Die SA Onder.18’s fnuik Engeland met uitstekende kragtoer in die tweede helfte
# Altesaam 999 vermeende onwettige mynwerkers van verskillende nasionaliteite is in hegtenis geneem tydens die landswye Vala Umgodi-operasie in Julie. ‘n Polisiewoordvoerder Vincent Mukhathi sê hulle word aangekla van onder meer moord, poging tot moord, diefstal van minerale, en die onwettige besit van plofstof, vuurwapens en goud:
# Die SAKP sê die verwarde reaksie van die regering teenoor die weermaghoof, generaal Rudzani Maphwanya, se reis na Iran, is nie net kommerwekkend nie, maar ook problematies. Maphwanya het tydens sy reis gemeenskaplike doelwitte met Iran gedeel, sy Gaza-posisie ondersteun en ‘n beroep gedoen op dieper strategiese belyning. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het bevestig sy het Maphwanya se reis goedgekeur, maar die Presidensie het gesê het die besoek was ondeurdag, en sy kommentaar weerspieël nie die land se buitelandse beleidstandpunt nie. Die SAKP sê hy verwerp die regering se poging om Westerse imperialistiese magte te paai.
Die nasionale federasie vir e-taxis doen ‘n beroep op die regering en die Departement van Vervoer om alle nie-voldoenende en kriminele elemente in die openbare vervoersektor uit te roei. Daar is ‘n voortdurende stryd tussen die taxi- en e-taxi-bedryf. Woensdag is ‘n e-taxibestuurder by die Maponya-winkelsentrum in Soweto doodgeskiet toe twee e-taxis aan die brand gesteek is, na bewering deur minibustaxi-operateurs. Die federasie se woordvoerder, Tella Masakale, sê die krag in die vervoersektor is in eenheid en regulering:
# Die Nasionale Seereddingsinstituut sê daar is geen nuwe verwikkelinge in die voortgesette soektog langs Durban se Noordkus na die 61-jarige vermiste Suid-Afrikaanse Lugdiens- en akrobatiese vlieënier Andrew Blackwood-Murray van Johannesburg nie. Die instituut se woordvoerder, Craig Lambinon, sê die soek- en bergingsoperasie, gelei deur polisieduikers, duur voort. Hy sê gevorderde tegnologie en soektegnologie word steeds ontplooi:
# Die Kanadese regering het ingegryp in die Air Canada-staking en beide partye na die onderhandelingstafel gedwing nadat honderde vlugte hierdie naweek opgeskort is. Die minister van Arbeid, Patty Hajdu, het ‘n bindende arbitrasie tussen die lugredery en die Kanadese vakbond vir staatsamptenare, wat meer as tienduisend Air Canada-vlugkelners verteenwoordig, gelas, ure nadat ‘n staking Saterdagoggend uitgebreek het. Hadju sê die partye kon ondanks beduidende regeringsteun nie hul verskille vinnig oplos nie. Ongeveer 500 vlugte per dag word geraak.
# En rugby: Die SA Onder-18’s het Engeland gister met 69-24 verslaan in hul laaste wedstryd van die O.18 Internasionale Reeks by Paarl Gimnasium om hul derde agtereenvolgende oorwinning te behaal en die reeks onoorwonne af te sluit. Die jongmanne het vinnig ‘n voorsprong van 21-3 opgebou voordat hulle ‘n strafdoel bygevoeg het, maar toe twee drieë aan die Engelse afgestaan om die eerste helfte met 24-17 af te sluit. Maar die SA O.18’s het in die tweede helfte die wedstryd oorheers en nog sewe drieë bygevoeg, waarvan kaptein Markus Muller twee gedruk het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….