Nuus 11:00
BULLETIN 15 Desember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Oudpresident Thabo Mbeki herhaal sy beroep vir ‘n inklusiewe nasionale dialoog
# ‘n Verdagte is aangekeer vir die moord op twee polisiebeamptes en twee vroue in Hammarsdale, KwaZulu-Natal
#En rugby: Die Leeus klop Section Paloise in die Uitdaagbeker ondanks slegte weer
# Oudpresident Thabo Mbeki het Suid-Afrikaners aangemoedig om deel te wees van ‘n nasionale dialoog om die land se uitdagings te pak. Mbeki het op die SAKP se kongres in Boksburg klem gelê op kollektiewe oplossings en die betrokkenheid van burgers. Hy doen ‘n beroep op die regering om aandag te gee aan die bydraes van gewone mense, en beklemtoon gesamentlike oplossings is noodsaaklik om die land se krisisse te hanteer en leierskap te versterk:
# ‘n Verdagte is in hegtenis geneem na die moord op twee polisiebeamptes en twee bejaarde vroue in Hammarsdale, KwaZulu-Natal. Die provinsiale Polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het tydens die ondersoek van die misdaadtoneel die tragiese aanval veroordeel. Die woordvoerder van die polisie Jay Naicker sê die 38-jarige verdagte is in ‘n hospitaal opgespoor, waar hy aangehou word:
# Rand Water sê onderhoudswerk aan sy Eikenhof pompstasie het die naweek voortgeduur en watervoorsiening aan groot dele van die Johannesburgse metro is op koers is om betyds teen môre voltooi te wees. Die werk wil buigbaarheid bevorder deur die enjinkamers onafhanklik te maak van die pompstasies en daardeur die toenemende wateraanvraag aan te spreek. Die waternutsmaatskappy sê munisipaliteite wat geraak word het gebeurlikheidsmaatreëls getref, wat insluit die verskaffing van alternatiewe watervoorraad. Rand Water beklemtoon dat strategiese tydsberekening tydens skoolvakansies en die sluiting van besighede ontwrigting verminder het.
# Die waarnemende president van Suid-Korea, Han Duck-soo, het die land se bondgenote gerusgestel en finansiële markte kalmeer, ‘n dag nadat president Yoon Suk Yeol in ‘n staat van beskuldiging gestel is oor ‘n poging om krygswet af te kondig. Die Withuis het bevestig Han het telefonies gepraat met die Amerikaanse president Joe Biden. Die waarnemende president sê Suid-Korea sal sy buitelandse en sekerheidsbeleid sonder ontwrigting uitvoer en daarna streef om seker te maak die land se alliansie met die VSA word standvastig volgehou en ontwikkel.
# En rugby: Die Leeus vier hulle eerste oorwinning van die seisoen in die Uitdaagbeker nadat hulle die Franse span Section Paloise gisteraand op ‘n nat Ellispark geklop het. Die wedstryd is lank vertraag wees donderweer – en die spelers moes ook in die tweede helfte ‘n rukkie die veld verlaat. In hulle wegwedstryd het die Cheetahs in Wallis met 26-10 teen Cardiff verloor. Die Vrystaters kon ‘n oorwinning ruik toe hulle met rustyd 10-5 voor was, maar die gashere het in die tweede helfte sekergemaak van ‘n bonuspuntoorwinning.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….