Nuus 11:00
BULLETIN 14 Desember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# NVG verwelkom die heropening van die geregtelike ondersoek na Nicholas Tlhapi se verdwyning
# ACSA is gereed om ‘n rekordgetal passassiers dié feesgety te verwelkom
# En, sokker: Suid-Amerika gaan ook ‘n kwalifiseringstoernooi aanbied vir die vroue-Wêreldbekertoernooi
# Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die heropening van die geregtelike ondersoek na Nicholas Tlhapi se verdwyning. Die ministerie van Justisie het die Hooggeregshof in Noordwes versoek om die ondersoek te heropen na die aktivis se verdwyning in 1986. Die polisie het hom tydens apartheid aangehou en hy het volgens berigte spoorloos verdwyn nadat hy na bewering vrygelaat is. Hy was ‘n lid van die Ikageng burgerlike organisasie en is op 20 Maart daardie jaar laas gesien onderweg na ‘n begrafnis. Ander aangehoudenes is na 14 dae vrygelaat, maar Tlhapi is nooit weer gesien nie.
# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy is gereed om hierdie feestyd ‘n rekordgetal passassiers te verwelkom. Behoorlike planne is beraam om te verseker alles verloop seepglad op al die land se lughawens. Woordvoerder Terrence Delomoney het op ‘n nuuskonferensie maatreëls aangekondig soos verbeterde infrastruktuur, e-hekke, verbeterde bestuur van passassiers wat toustaan, en betroubare bagasie-stelsels:
# Die Departement van Vervoer in KwaZulu-Natal moedig waaksaamheid aan na ‘n kettingbotsing waarby verskeie voertuie betrokke wat by die Marrianhill-tolplaza op die N3 in die rigting van Durban. ‘n Zimbabwiese voertuig het geborts met ‘n ses vragmotors en vyf motors. Die woordvoerder Ndabezinhle Sibiya berig daar was ‘n 13-persent styging in botsings tussen 1 en 12 Desember 20234 en dieselde tydperk in 2024. Sibiya sê die LUR Siboniso Duma het gevra vir verhoogde oplettendheid dié feestyd:
# Duisende mense het gister in die noordweste van Sirië byeengekom vir weeklikse gebede en ‘n saamtrek in die hawestad Latakia, ‘n vorige vesting van die uitgesette president Bashar al-Assad. Siriese geestelikes het gevra vir nasionale eenheid onder die land se nuwe regering. Mense in die skare het “vryheid verewig ondanks Assad” buite die Al-Aijanmoskee gedreunsing. Khaled Kamal, ‘n Sunni-imam wat by die byeenkoms gepraat het, het aan Reuters gesê dit was ‘n weergalose vreugde om na Sirië terug te keer nadat hulle tydens die oorlog moes vlug.
# En, sokker: Suid-Amerika het besluit om Europa se voorbeeld te volg en ook ‘n kwalifiseringstoernooi te hou vir die vroue-Wêreldbekertoernooi. Die beheerliggaam Comnebol sê die eerste een vind tussen volgende jaar en 2026 plaas. Nege spanne sal meeding in ʼn tuis-en-weg-rondomtalie-formaat. Die boonste twee spanne kwalifiseer regstreeks vir die toernooi wat in die middel van 2027 in Brasilië plaasvind, en die volgende twee spanne neem deel aan die internasionale uitspeelwedstryde. Die gasvrou kwalifiseer outomaties.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….