Nuus 11:00
BULLETIN 28 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering sê die jongste ouditverslae toon ’n vordering in finansiële bestuur
# TLU SA stel ’n projek bekend teen onteiening sonder vergoeding
# En die VN sê 2024 was ’n dodelike jaar vir humanitêre personeel
# Die regering sê die jongste nasionale en provinsiale oudit-uitkomste toon die vordering wat gemaak is om die finansiële en prestasiebestuur op die twee regeringsvlakke te versterk. Ouditeur-generaal Tsakani Maluleke het onthul daar was in die 2018/’19-boekjaar slegs 93 skoon oudits vergeleke met 142 verlede jaar. Die regering erken die kommer wat Maluleke geopper het oor vrugtelose en verkwistende uitgawes. Hy voeg by daar is ‘n behoefte aan versterkte oorsig, aanspreeklikheid en voldoeningsmeganismes.
# Die landbou-unie, TLU SA, het Projek Tien-duisend bekendgestel om eiendomsregte en onteiening sonder vergoeding te beveg. Albei huise van die Parlement het reeds die Wysigingswetsontwerp op Onteiening goedgekeur en dis op president Cyril Ramaphosa se lessenaar om onderteken te word. Bennie van Zyl van TLU SA sê die komende regstryd oor onteiening is ‘n geveg vir geregtigheid, regverdigheid en die beskerming van elke Suid-Afrikaner se basiese vryhede:
# Die Oos-Kaapse LUR vir Onderwys, Fundile Gade, veroordeel doodsdreigemente en eise dat sy moet bedank teen die depatement se finansiële hoof, Nokuthula Ngcingwana. Gade sê ‘n saak is by die polisie aangemeld en Ngcingwana is met spesiale verlof terwyl ‘n waarnemende finansiële hoof oorgeneem het. Die LUR doen ‘n beroep op werknemers om enige afpersing aan te meld. Hy het die erns van die situasie beklemtoon en onderneem om die skuldiges spoedig te identifiseer en enige vorm van misdadigheid in die departement aan te pak.
# Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Humanitêre Aangeleenthede sê die dodetal onder humanitêre werkers is vanjaar die hoogste wat nog ooit aangeteken is. Twee-honderd-82 hulpwerkers is vanjaar wêreldwyd doodgemaak in plekke soos Gaza en Soedan. Lisa Doughton van die VN sê ondanks die lewensgevaar gaan humanitêre en VN-personeel steeds voort met hulle werk en het vanjaar lewensreddende hulp aan meer as 116-miljoen mense wêreldwyd gelewer:
# Krieket: Kane Williamson het 93 vir Nieu-Seeland aangeteken op die eerste dag van die eerste toets teen Engeland in Christchurch, en die gasheer het met uitskeityd 319 vir agt op die telbord gehad. Williamson het vasgeskop ná sy span reeds in die tweede boulbeurt ‘n paaltjie verloor het, maar is uitgehaal net ‘n skamele sewe lopies kort van sy 33ste toets-hondertal. Na sy vertrek het die Swartpette gestruikel en vier paaltjies in die laaste skof afgestaan. Williamson sê die wedstryd is goed gebalanseerd:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-21-sent teen die dollar, 19-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-578-dollar-52-sent. Die prys van goud is twee-duisend-637-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….