Nuus 11:00
BULLETIN 25 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Business Leadership SA is vol vertroue Ebrahim Rasool sal Amerikaanse betrekkinge herstel
# Veertien onwettige mynwerkers verlaat ‘n myn in Stilfontein
# En rugby: Sewe Springbokke is ingesluit in Wêreldrugby se droomspan
# Die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busiswe Mavuso, sê sy het volle vertroue in Ebrahim Rasool se vermoë om Suid-Afrika se gespanne verhouding met Amerika te herstel. President Cyril Ramaphosa het Rasool heraangestel as die land se ambassadeur in die land, ‘n pos wat hy van 2010 tot 2015 beklee het. Amerika is Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot na China. Mavuso sê dit sal aansienlike diplomatieke vaardigheid kos om die regte balans van belange te vind om te verseker dat Suid-Afrika steeds voordeel trek uit sy verhouding met Amerika op die manier waarop dit nou die geval is.
# Die DA het die minister van Vervoer, Barbara Creecy, gevra om dringend aandag te gee aan die Lugverkeer-navigasiedienste se voortgesette probleme, wat groot vlugontwrigting veroorsaak. Die party sê die ontwrigting op verskeie lughawens, insluitend in Oos-Londen, Mthatha, George en Kimberley, het gelei tot vlugkansellasies, veiligheidsgevare en finansiële verliese. Chris Hunsinger van die DA waarsku onopgeloste kwessies kan die toerismebedryf skaad voor die naderende vakansieseisoen:
# Die polisie het bevestig 14 onwettige mynwerkers het gisteraand uit skag tien van die ou Buffelsfontein-goudmyn in Stilfontein, Noordwes, gekom. Die polisie se operasie Vala Umgodi gaan intussen steeds voort. Die mynwerkers is almal van Mosambiek. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die 14 het gekies om laat gisternag uit te kom, en aangeneem wetstoepassingsamptenare was nie langer daar nie. Sy sê sommige het dadelik weer teruggehardloop toe hulle die polisie sien:
# Die Verenigde Nasies sê alle meisies en vroue moet toegelaat word om hulle menseregte in ‘n veilige omgewing uit te oefen sonder die vrees vir geweld of teistering. Vandag is Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue. Volgens die VN is ‘n geraamde 736-miljoen vroue aan fisiese of seksuele geweld van hulle intieme maat blootgestel. Hy sê dit beteken dat ‘n vrou of meisie elke tien minute deur hulle intieme vriend of familielid vermoor word. Die VN sê die oplossing is ferm optrede en om die oortreders aanspreeklik te hou.
# Rugby: Sewe Springbokke is opgeneem in Wêreldrugby se mans 15s Droomspan van die Jaar. Wêreldrugby se 2024 Speler van die Jaar, Pieter-Steph du Toit, is een van vier Suid-Afrikaanse voorspelers in die span. Ox Nché, Malcolm Marx en Eben Etzebeth sluit by hom aan in die pak. Die drie Springbokagterspelers wat ingesluit is, is Damian de Allende, Jesse Kriel en Cheslin Kolbe. Vier spelers van Ierland het die span gehaal, drie van Nieu-Seeland en een van Argentinië.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-7-sent teen die dollar, 18-rand-89 teen die euro en 22-rand-70-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-311-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-666-dollar-3-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….