Nuus 11:00
BULLETIN 10 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die nuwe spazawinkelregulasies teen voedseloordraagbare siektes word geloof
# Die Billike Energie-oordrag-befondsingplatform sluit op 15 Desember
# En, fietsry: Britse legende Cavendish neem vandag aan sy laaste wedren deel
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta swaai die regering se nuwe regulasies vir spazawinkels lof toe, en beskou dit as lewensnoodsaaklik vir die vermindering van voedseloordraagbare siektes wat landwyd ‘n uitwerking het op leerders. Honderde leerders is geraak deur voedselvergiftiging, met talle sterftes wat aangeteken is. Makaneta vra proaktiewe regeringsoptrede om burgers te beskerm. Hy sê die nuwe regulasies wil kosveiligheid verbeter en openbare vertroue herstel:
Die hoofsweep van die raad van Ekurhuleni het ook diepe kommer uitgespreek oor die toename in voedseloordraagbare siektes. Dit sluit die onlangse voedselvergiftiging in van leerders van die Tamaho Primary School in Katlehong. Hoofsweep Pelisa Nkunjana eis vinnige regeringsoptrede en doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om ‘n noodtoestand oor kosveiligheid af te kondig:
# Die Befondsingsplatform vir Billike Energie-oordrag sluit sy aanvanklike aansoekfase op 15 Desember. ‘n Ontleder Mohlokoa Ngoasheng sê die platform stel Suid-Afrikaanse projekontwikkelaars in staat om befondsing vir klimaatgerigte inisiatiewe te bekom. Ngoasheng het aan Engineering News gesê 600-miljoen-rand sal in 2025 ondersteuning verskaf aan 20 projekte met befondsing van 1,5-miljard-rand wat nog 50 in 2026 sal moontlik maak. Hy beklemtoon die inisiatief is in ooreenstemming met Suid-Afrika se netto-nul-doelwitte, wat fokus op die elektrisiteits-, groen voertuie en waterstofbedrywe.
# China se verbruikerspryse het in Oktober teen die stadigste pas in vier maande gestyg. Data wat gister vrygestel is toon ook produsenteprys-deflasie het verdiep, al het Beijing stimulering opgeskerp om die sukkelende ekonomie te steun. Met sy jongste stilmuleringsmaatreëls het die land se top-wetgewende liggaam ‘n pakket van 1,4-duisend-miljard-dollar goedgekeur om die regering se “verborge skuldlas” te hanteer, eerder as om direk geld te pomp in die wêreld se naas-grootste ekonomie, waarop sommige beleggers gehoop het.
# En, fietsry: Mark Cavendish van Brittanje, die suksesvolste snelfietsryer in die geskiedenis van die sport, gaan aftree nadat hy vandag deelgeneem het aan die Tour de France Criterium-byeenkoms in Singapoer. Die 39-jarige van die Eiland Man, wat in Mei gesê het dié seisoen sal sy laaste wees, het in Julie die rekord by die Tour de France vir skofoorwinnings ingepalm met sy 35ste sege. Cavendish het die padwedren-wêreldrekord in 2011 gewen en het twee keer die groentrui gedra, wat by die Tour toegeken word aan die deelnemer met die meeste punte.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….