Nuus 11:00
BULLETIN 6 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Donald Trump wen twee swaaistate met die Republikeine wat die Senaat beheer
# Minister Schreiber sê ‘n sterk standpunt is nodig oor onwettige immigrasie
# En rugby: Die Springbok-vroue is reg vir die Afrika-sewestoernooi
# Oudpresident Donald Trump van Amerika het twee belangrike swaaistate, Georgia en Noord-Carolina, gewen terwyl die uitslag in die ander vyf nog aangekondig moet word. Volgens berigte kan visepresident Kamala Harris nie meer wen as sy in Pennsilvanië verloor nie. Trump loop tans voor in dié staat met sowat 90-persent van die stemme getel. ‘n Kort rukkie gelede het hy 246 kieskollege-stemme gehad en Harris 194. ʼn Kandidaat moet minstens 270 kieskollege-stemme kry om president te word. Intussen het die Republikeine weer ʼn meerderheid in die Senaat behaal.
Terug in Suid-Afrika:
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê Suid-Afrika moet geen verdraagsaamheid toon teenoor mense wat immigrasiewette oortree nie. Hy het onlangs onthul die departement het tussen April en Augustus vanjaar 19-duisend-750 onwettige immigrante gedeporteer wat belastingbetalers 52-miljoen-rand gekos het. Schreiber sê die landsgrense is daar om ʼn rede:
# Die EFF sê hy veroordeel ministers se gebrek aan uitvoerende aanspreeklikheid ten opsigte van hulle parlementêre pligte in die regering van nasionale eenheid. Die mees onlangse verslag toon sedert die ontstaan van die sewende Parlement is een-duisend-269 vrae vir geskrewe antwoorde ingedien, waarvan 129 nie beantwoord is nie. Altesaam 593 van die vrae is laat beantwoord. Die EFF sê president Cyril Ramaphosa moet die ministers verwyder wat hulle parlementêre pligte verwaarloos.
# Die Vryheidsfront Plus het intimidasie deur minibustaxiverenigings in Mpumalanga veroordeel. Hulle dring aan op onmiddellike optrede teen hierdie gedrag, nadat video’s op sosiale media verskyn het waarin beweerde sekerheidspersoneel bestuurders dreig, hulle van die pad af dwing en onwettig beboet. Werner Weber van die VF Plus het die owerhede se gebrek aan optrede gekritiseer en beloof om die situasie dop te hou en ‘n einde aan die intimidasie op paaie te verseker:
# Rugby: Die hulpafrigter van die Springbok-vroue Sewesspan, Cecil Afrika, sê as die verdedigende kampioen is hulle uiters gemotiveerd om goed te vaar in die Afrika-vrouesewestoernooi die naweek in Akkra, Ghana. Suid-Afrika kom Saterdag in Groep A te staan teen Burkina Faso, Zimbabwe en Tunisië. Die toernooi dien as ‘n kwalifiseerder vir 2025 se Wêreldrugby-uitdaagtoernooi. Afrika sê ondanks die druk weet die spelers wat vereis word vir sukses:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-80-sent teen die dollar, 19-rand-10-sent teen die euro en 22-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-467-dollar-5-sent. Die prys van goud is twee-duisend-709-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 75-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….