Nuus 11:00
BULLETIN 3 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbeki sê die ANC moet sy standpunt versterk oor buitelandse beleidsake
# Giwusa moedig Nersa aan om Eskom se voorgestelde tariefverhoging te verwerp
# En, tennis: Zverev oorrompel Rune en dring deur na Paryse Meesters-eindstryd
# Die voormalige president Thabo Mbeki sê die ANC moet sy standpunt versterk oor buitelandse beleidsake en die hantering van uitdagings wat opduik. Mbeki het gepraat tydens die ANC se subkomitee oor internasionale betrekkinge se byeenkoms oor globale skakeling en buitelandse beleid in Kemptonpark. Die subkomitee sal verseker die party se standpunte stem ooreen met die historiese, politieke en ideologiese strewe van die beweging. Hy sê die vergadering van die subkomitee eindig vandag:
# Die vakbond vir algemene nywerhede, Giwusa, sê hy moedig die Nasionale Energiereguleerder sterk aan om Eskom se voorgestelde tariefverhoging te verwerp. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die vakbond het ‘n voorlegging gemaak rakende Eskom se aansoek by Nersa vir ‘n voorgestelde 36,15-persent tariefverhoging vir 2025. Hy sê die onlangse tariefverhoging in April 2024 het reeds groot druk geplaas op inwoners, met baie van hulle wat sukkel om dit te hanteer:
# Sestien mense is beseer toe ‘n toeristetrein wat bedryf word deur die Ceres-spoormaatskappy skielik moes stop om ‘n botsing met nege staande Transnet-vragdraers in die Kaapstadse hawe te vermy. Die maatskappy sê die voorval het gebeur weens spoorpunte wat nie reg ingestel was nie. Die skielike rempoging het passasiers vorentoe gegooi, met deure en kajuitmeubels wat vinnig rondgeskuif het. Die nooddienste het vinnig reageer om die beseerdes by te staan. Die maatskappy sê hy werk met Transnet-spoorvrag om die oorsaak van die voorval te bepaal.
# Donald Trump Junior het die media aangeval op ‘n Republikeinse veldtogbyeenkoms in Arizona. Hy en JD Vance het ondersteuners toegespreek by ‘n wapenvervaardiger in Scottsdale, waar die seun van die voormalige president die pers “full-on propaganda” genoem het. Hy sê hoe erg mense ookal die media verag, is dit nie genoeg nie. Donald Trump het aangekondig hy het CBS Donderdag gedagvaar en beweer die netwerk se redigering van ‘n onlangse 60 Minutes-onderhoud met Kamala Harris was “bedrieglik”. Die netwerk sê Trump se aanspraak is “heeltemal sonder meriete.”
# En, tennis: Alexander Zverev van Duitsland het gister beter afgeslaan as Holger Rune in die halfeindstryd van die Paryse Meesters en vir die eerste keer sedert hy in 2020 teen Daniil Medvedev verloor het, sy plek bespreek in vandag se eindstryd. Zverev se oorwinning van 6-3, 7-6 teen die Deen het die 27-jarige laat kwalifiseer vir sy tweede ATP 1000-vlak eindstryd van die seisoen na sy sege in Rome in Mei. Die wêreld se nommer drie kom in die eindstryd te staan teen die Fransman Ugo Humbert, wat in gister se ander halfeindstryd Karen Khachanov van Rusland met 6-7, 6-4, 6-3 geklop het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….